Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
OORSIG: Jongste syfers in SA: 50 sterf, 1 757 nuwe infeksies

Dit is dag 417 van die nasionale staat van inperking wat weens die koronaviruspandemie ingestel is.

Suid-Afrika het meer as 1,6 miljoen kumulatiewe gevalle en meer as 55 000 sterftes. 

So kan jy registreer om ingeënt te word

LEES OOK: Fase 2: Eerste 4 288 seniors moet aanmeld vir inentings

inent

Hier volg die jongste verwikkelinge: 

17 Mei 23:15:19

Lyk of entstowwe teen dié variant beskerm

Vroeë aanduidings wys dat entstowwe bejaardes teen die kommerwekkende B.1.617.2-variant, wat eerste in Indië waargeneem is, beskerm.

Dit Britse minister van gesondheid, Matt Hancock, het Maandag gesê die meeste mense wat met Covid-19 gehospitaliseer word, is nog nie ingeënt nie.

Volgens Hancock is daar tans 2 323 bevestigde gevalle van dié variant. Die meeste van die 19 mense wat in die noordwestelike dorp Bolton gehospitaliseer word, is nie ingeënt nie, hoewel hulle daarvoor in aanmerking gekom het.

"Dit wys dat die nuwe variant nie geneig is om onder ouer mense wat ingeënt is te versprei nie, en dit onderstreep net weer die belangrikheid daarvan om ingeënt te word." – Reuters

17 Mei 22:00:19

'n Gesondheidswerker versorg Covid-19-pasiënte in die hoësorgeenheid van die King Tsjoelalongkorn-gedenkhospitaal in Bangkok, Thailand. Foto: Reuters

17 Mei 21:59:43

Jongste syfers in SA: 50 sterf, 1 757 nuwe infeksies  

50 sterftes is sedert Sondagaand se verslag in die land aangemeld, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Maandag in 'n verklaring bekend gemaak. Dit bring die sterftesyfer in die land op 55 260 te staan.

Van die jongste syfers was 30 in die Vrystaat, agt in die Noord-Kaap, ses in Gauteng, vier in die Oos-Kaap en twee in die Wes-Kaap.

Sedert die vorige verslag is 1 757 nuwe koronavirusgevalle aangemeld. Die kumulatiewe syfer in die land is nou 1 615 485.

Daar is tans 33 587 aktiewe gevalle in die land.

1 526 638 mense het van die virussiekte herstel. Die herstelkoers is 94,5%.

Die eerste dag van die tweede fase van die inentingsprogram is veral in die Vrystaat deur gewelddadige betogings en beurtkrag belemmer.

Vanaf Dinsdag sal die gesondheidsdepartement bekend maak hoeveel mense ingeënt word.

Teen Maandagaand was al die sentrums se data nog nie verwerk nie.

Die regering wil ook 'n webwerf op die been bring om te wys hoeveel mense in Suid-Afrika reeds ingeënt is.

17 Mei 21:23:15

'n Betoger hou 'n plakkaat omhoog om protes aan te teken teen die planne dat die Olimpiese Spele in Tokio, Japan, voortgaan. Foto: Reuters

17 Mei 21:13:41

KYK: Tutu een van eerstes in Wes-Kaap wat ingeënt word

Mense van 60 jaar en ouer in die Wes-Kaap wat in die naweek SMS’e gekry het om hulle te laat inent, het Maandagoggend by verskeie inentingspersele byeengekom om hul beskerming teen die Covid-19-virussiekte te kry.

Alhoewel daar nog gesondheidswerkers is wat ingeënt moet word, het fase 2 van die inentingsprogram Maandagoggend omstreeks 11:30 by die Brooklyn Chest-hospitaal in Milnerton begin.

In die eerste week word daar gefokus op ouetehuise, maar ’n paar bejaardes buite ouetehuise is ook uitgenooi om die entstof te ontvang.

Lees die hele berig hier.
17 Mei 20:34:50

'n Vrou koop kitsnoedels ná 'n skerp styging in gevalle van die virus in Taipei, Taiwan. Foto: Reuters

17 Mei 20:05:41

Indiese dokters vra lisensies om te help

Sowat 90 000 Indiese dokters wat hul grade in Rusland, China en Oekraïne verwerf het, probeer die Indiese regering oortuig om hulle te gebruik in die stryd teen Covid-19 in plaas daarvan dat hulle met gevoude arms moet sit terwyl hulle vir hul plaaslike lisensies wag.

Nêrens in die wêreld slaan die pandemie harder as in Indië waar 'n nuwe variant skerp stygings in infeksies tot gevolg gehad het nie.

Die gesondheidstelsel is oorweldig deur die meer as 400 000 mense wat daagliks positief getoets word en meer as 4 000 wat daagliks sterf.

Die graduandi van buitelandse mediese skole, onder meer in Bangladesj, die Filippyne, Nepal en Kirgistan, moet eers 'n eksamen in Indië aflê voor hulle daar mag praktiseer. - Reuters

17 Mei 19:24:04

'n Franse restaurant in Nantes berei voor om te heropen nadat inperkingsmaatreëls ook in dié land verslap word. Foto: Reuters

17 Mei 18:42:57

'Entstof-apartheid is hier' - WGO

Die wêreld het 'n situasie van "entstof-apartheid" bereik, en loop nie meer net die gevaar daartoe nie, het die Wêreldgesondheidorganisasie se direkteur-generaal Adhanom Ghebreyesus Maandag gesê.

"Die groot probleem is die gebrek aan mededeelsaamheid, so die oplossing is om meer te deel," het hy tydens 'n virtuele Parys Vredesforum gesê.

Voorheen het hy 'n beroep op entstofvervaardigers gedoen om gouer as beplan dosisse aan die Covax-inisiatief beskikbaar te stel omdat 'n tekort ontstaan het terwyl Indië se uitvoer belemmer word. –Reuters

17 Mei 18:34:34

Besoekers staan in 'n ry om The National Gallery in Londen te besoek. Dit is die eerste dag waarop die galery as deel van die verslapping van die inperkingsmaatreëls heropen is. Foto: Reuters

Meer oor:  Infeksies  |  Hospitaal  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Gevalle  |  Entstof  |  Fase 2-Inentings  |  Sterftes  |  Covid-19  |  Covid-19-Entstof  |  Bevelsraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.