Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 436: Hospitalisering neem toe

Dit is dag 436 van die nasionale staat van inperking wat weens die koronaviruspandemie ingestel is.

Suid-Afrika het reeds meer as 1,6 miljoen kumulatiewe gevalle en meer as 56 000 sterftes.

Meer as 1,5 miljoen mense het al herstel wat die land se herstelkoers op 93,2% te staan bring.

Die nasionale departement van gesondheid sê altesaam 1 266 893 mense is reeds ingeënt.

Hier volg die jongste verwikkelinge: 

05 Jun. 21:27:20

05 Jun. 20:42:41

05 Jun. 20:17:24

05 Jun. 20:02:41

Franse verwelkom Europeërs wat ingeënt is

Die Franse regering het aangekondig Europeërs wat teen die koronavirus ingeënt is, kan die land besoek sonder om vir die virus getoets te word, berig ABC News.

Ingeënte toeriste van ander wêrelddele soos Amerika, ’n groot deel van Asië, die Midde-Ooste en noordelike en sentrale dele van Amerika kan die land besoek mits hulle ’n negatiewe toets het.

The Washington Post berig toeriste van lande soos Australië en Israel waar die pandemie meestal onder beheer is, hoef nie hul inentingsertifikate te toon nie.

Nienoodsaaklike reisigers van lande soos Brasilië en Indië waar die uitbreking buite beheer is, sal nie die land kan binnekom nie, al is hulle ingeënt.

05 Jun. 17:35:11

Getalle in Engeland styg weer

Met Covid-19-infeksies in Engeland wat die laaste week in Mei erg gestyg het vergeleke met die vorige week, kan planne om Covid-19-beperkings op 21 Junie op te hef moontlik in die wiele gery word.

Reuters berig een uit 640 mense in Engeland het die virus in die week van 29 Mei gehad, vergeleke met die een uit 1 120 mense ’n week tevore.

Die Britse premier, Boris Johnson, het egter Woensdag gesê hy sal versigtig te werk gaan, maar die huidige data stel nie ’n vertraging in die opheffing voor nie.

Vakansiegangers van Portugal is intussen van die land se reislys afgehaal en terugkerende mense moet vir 10 dae isoleer, berig BBC News.

Sewe ander lande, insluitend Egipte, Costa Rica en Sri Lanka, is geskuif na die rooi lys, waarvoor die strengste reisreëls geld.

05 Jun. 16:08:31

Reis na Rusland en word gratis ingeënt

Buitelanders wat na Rusland reis, sal gratis teen die koronavirus ingeënt word wanneer hulle die land besoek.

So het pres. Wladimir Poetin van Rusland Vrydag aan ’n ekonomiese forum gesê, terwyl Moskou probeer om Rusland se Sputnik V-entstof te bemark.

Poetin het by die St. Petersburg se internasionale ekonomiese forum gesê baie mense kom na Rusland sodat hulle ingeënt kan word.

“Ek wil vra dat die regering hierdie kwessie teen die einde van die maand volledig ondersoek sodat ons die omstandighede vir die inenting van besoekers kan bepaal.”

Volgens Poetin sal die besoekers gratis ingeënt word, maar hy het nie meer besonderhede verskaf nie.

Rusland se Sputnik V-entstof is reeds deur 66 nasies goedgekeur, terwyl die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en die Europese reguleerder vir medisyne die entstof onder hersiening neem.

Indien die Europese reguleerder die entstof goedkeur, sal dit in die Europese Unie (EU) gebruik word.

Die pas waarteen Rusland inentings doen, is ’n bietjie stadiger as baie ontwikkelende lande met 17 miljoen mense van Rusland se 144 miljoen inwoners wat reeds ingeënt is.

Diegene wat die ekonomiese forum bygewoon het, moes eers vir die koronavirus getoets word, terwyl hulle ook maskers en handskoene moes dra.

Dié forum word deur duisende mense bygewoon en beoog om buitelandse beleggings na Rusland te lok. – Reuters

05 Jun. 15:42:46

Sake keer stadig terug na normaal in Italië

In Italië word al hoe meer streke nou wit sones, wat beteken die oorblywende beperkings word opgehef en hulle kan restaurante en kroeë, kermisse, temaparke, konferensies en binnenshuise swembaddens open en troues hou, berig The Local Italy.

Eetplekke in alle streke kon sedert Dinsdag weer mense bedien en sportstadions het vir die publiek geopen.

Maskers moet steeds gedra word en mense moet nog gesonde afstande in dié plekke behou. Nagklubs en dansplekke bly toe.

Die land se gesondheidsdepartement het Vrydag aangekondig nog vier streke sal volgende week wit sones word, nadat drie streke vandeesweek wit sones geword het.

Die res van die land sal na verwagting later die maand hul voorbeeld volg, berig dié nuuswebwerf.

Reuters berig die land het Vrydag 73 sterftes en 2 557 nuwe infeksies aangemeld, vergeleke met die 59 sterftes en die 1 968 nuwe infeksies die dag tevore.

Die land se dodetal weens die virus staan tans op 126 415 en meer as 4,2 miljoen infeksies is tot dusver aangeteken.

05 Jun. 14:13:23

Hospitalisering neem toe

Meer as 6 500 mense word tans in hospitale in Suid-Afrika behandel.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) word altesaam 6 593 mense in hospitale behandel, waarvan 4 732 in Covid-19-sale behandeling ontvang.

Nios sê 1 268 mense word in waakeenhede behandel, terwyl 593 mense in hoësorgeenhede behandeling ontvang.

Volgens dié data ontvang 1 368 mense suurstof en 653 mense is aan ventilators gekoppel.

Nios sê 104 van die pasiënte is gesondheidswerkers.

05 Jun. 13:28:49

So lyk die aktiewe gevalle

Oos-Kaap: 1 164

Vrystaat: 8 790

Gauteng: 20 642

KZN: 4 835

Limpopo: 1 003

Mpumalanga: 1 952

Noordwes: 6 869

Noord-Kaap: 8 808

Wes-Kaap: 4 171

Totaal: 58 234

05 Jun. 12:14:00

So lyk die dodetal in die provinsies

Oos-Kaap: 11 672

Vrystaat: 4 415

Gauteng: 11 363

KZN: 10 528

Limpopo: 2 472

Mpumalanga: 1 456

Noordwes: 1 949

Noord-Kaap: 1 132

Wes-Kaap: 11 845

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê 67 sterftes is aangemeld.

Dié provinsies het sterftes aangemeld:

Oos-Kaap: 4

Vrystaat: 23

Gauteng: 24

KZN: 5

Noord-Kaap: 3

Wes-Kaap: 8

Totale sterftes in SA: 56 832

Meer oor:  Infeksies  |  Hospitaal  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Gevalle  |  Entstof  |  Sterftes  |  Covid-19  |  Covid-19-Entstof  |  Bevelsraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.