Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
COVID-19: 5 074 nuwe gevalle

Daar is Sondag 5 074 nuwe gevalle van die Covid-19-virus in Suid-Afrika aangemeld.


06 Jun. 22:06:01

300 m. dosisse al in VSA toegedien

Amerika het reeds meer as 300 miljoen dosisse van ’n Covid-19-entstof in die land toegedien, het die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming Saterdag bekend gemaak.

Altesaam 300 268 730 dosisse van die 371 520 975 wat teen Saterdagoggend versprei is, is reeds toegedien. – Reuters

06 Jun. 20:40:50

So lyk SA se jongste syfers: 

Nuwe gevalle: 5 074

Kumulatiewe gevalle: 1 696 564

Nuwe sterftes: 45

Kumulatiewe sterftes: 56 974

Aktiewe gevalle: 61 557

Herstel: 1 578 033

Herstelkoers: 93,0%

Sisonke-inentings: 479 768

Pfizer-inentings: 863 665

Daar is 3 923 meer inentings die afgelope 24 uur gedoen. 

Totaal: 1 343 433

06 Jun. 20:26:07

Maatreëls in Indië verslap soos infeksies daal

Die laagste getal nuwe koronavirusinfeksies in twee maande – 114 460 – is Sondag in Indië aangemeld.

Hoewel 2 677 sterftes sedert Saterdag in die land aangemeld is, is dele van die land besig om voor te berei om inperkingsmaatreëls te verslap.

Indië het naas Amerika die meeste kumulatiewe koronavirusinfeksies ter wêreld.

Volgens die Indiese departement van gesondheid is 28,8 miljoen gevalle in die land aangemeld en is 346 759 mense dood. – Reuters

06 Jun. 19:12:14

Ligter maatreëls in die vooruitsig vir Melbourne

Net twee koronavirusgevalle is Sondag in die Australiese staat Victoria aangemeld. Dit het die hoop laat opvlam dat streng inperkingsmaatreëls in Melbourne, Victoria se hoofstad, op 10 Junie geleidelik opgehef sal word.

Altesame 74 nuwe infeksies is sedert laat Mei in Victoria aangemeld nadat ’n man wat in Adelaide in ’n hotel in kwarantyn was, negatief getoets is, maar met sy terugkeer na Melbourne positief getoets is. – Reuters

06 Jun. 17:27:42

06 Jun. 17:25:39

Nog te vroeg om te sê of Britte gou ‘vryheid’ gaan hê

Matt Hancock, Britse minister van gesondheid, het Sondag gesê dit is nog te vroeg om te sê of alle Covid-19-inperkings op 21 Junie in Engeland opgehef gaan word.

Volgens Hancock is die delta-variant van Covid-19 wat die eerste keer in Indië geïdentifiseer is, nou die oorheersende variant in Engeland.

Hoewel daar ’n styging in koronavirusgevalle is, sê Hancock word hy deur amptenare verseker dat hospitalisasievlakke en sterfgevalle tans redelik afgeplat het.

Hancock het gesê hy en die Britse premier, Boris Johnson, sal vandeesweek na die data kyk voordat ’n besluit geneem word. – Reuters

06 Jun. 14:57:46

Japan raak van duisende dosisse entstof ontslae

Japan het van meer as 7 000 dosisse Covid-19-entstof ontslae geraak weens die verkeerde hantering daarvan, het die Jomioeri-koerant Sondag berig. Dit kom terwyl Japan spook om sy bevolking te midde van ’n vierde vlaag van infeksies in te ent.

’n Hospitaal en ’n massa-inentingsgerief moes elk van 1 000 dosisse van die Pfizer-entstof ontslae raak omdat dit teen kamertemperatuur verval het, terwyl 12 dosisse in ’n saal in Tokio bederf het weens verdunning, het ’n peiling deur die koerant bevind.

Die Omoeta- nasionale hospitaal in die suidwestelike prefektuur van Foekoeoka het in ’n verklaring om verskoning gevra en gesê: “Ons is geweldig spyt om van die waardevolle entstof ontslae te raak weens die verkeerde hantering daarvan terwyl baie plaaslike inwoners gretig is om ingeënt te word”. – Reuters

06 Jun. 13:32:38

Johnson gaan G7-lande se hulp vra

Boris Johnson, premier van Brittanje, gaan ‘n beroep doen op die leiers van die G7-lande om almal teen einde 2022 teen die koronavirus in te ent.

Sky News berig Johnson beplan om Brittanje se voorsitterskap te gebruik om voorbrand te maak dat wêreldwye inenting binne die volgende 18 maande gedoen word.

Johnson sal Vrydag die eerste keer as premier die ander leiers van die G7-lande in persoon ontmoet. Dit sluit in pres. Joe Biden van Amerika. Hy gaan ‘n beroep op hulle doen om te help met die reuse-uitdaging om die Covid-19-pandemie onder beheer te kry.

Minstens 172 miljoen mense wêreldwyd het die virus opgedoen en meer as 3,7 miljoen mense is aan Covid-19 dood. - SkyNews

06 Jun. 12:05:42

Beperk sosiale interaksie vra Noord-Kaapse onderwysdepartement

Die Noord-Kaapse onderwysdepartement doen weens die styging in koronavirusinfeksies vir die vierde opeenvolgende week ’n beroep op ouers om hul kinders se sosiale interaksie te beperk.

Die departement het Sondag in sy weeklikse verklaring oor gevalle in sy skole gesê 348 positiewe gevalle is die afgelope week in sy skole aangemeld.

Dit beteken 52 onderwysers, 276 leerlinge en 20 ondersteuningspersoneel het die virus opgedoen.

Lees die volledige berig hier
Meer oor:  Koronavirus  |  Virus  |  Pandemie  |  Wêreld  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.