Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 442: Ramptoestand verleng

Dit is dag 442 van die nasionale staat van inperking wat weens die koronaviruspandemie ingestel is.

Suid-Afrika het reeds meer as 1,7 miljoen kumulatiewe gevalle en meer as 57 000 sterftes.

Meer as 1,5 miljoen mense het al herstel.

Die nasionale departement van gesondheid sê altesaam 1 619 011 mense is reeds ingeënt.

Hier volg die jongste verwikkelinge:
11 Jun. 10:24:57

Covid-19 kelder Stormers, Leeus se stryd

Die Reënboogbeker-wedstryd tussen die Stormers en Leeus wat vir Saterdag gereël was, sal nie meer plaasvind nie, het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie aangekondig.

“Die besluit is Vrydag geneem nadat van die Leeus positief (vir Covid-19) getoets is. Ingevolge kompetisiereëls sal vier ligapunte aan die Stormers toegeken word,” lui Saru se verklaring.

Volgens Jurie Roux, uitvoerende hoof van Saru, het die Leeus “al die protokolle gevolg” en “toepaslike stappe gedoen”.

Lees die volledige berig hier.
11 Jun. 09:42:48

Maties leer weer aanlyn

Studente van die Universiteit Stellenbosch (US) sal weer aanlyn klasse loop nadat die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, Donderdag aangekondig het dat die provinsie amptelik in sy derde vlaag is.

Die US sê in 'n verklaring op sy webtuiste 36 mense op sy kampus is reeds sedert Maandag positief vir die koronavirus getoets.

Alle klasse in die tweede kwartaal, wat op 18 Junie eindig, sal onmiddellik aanlyn geskied.

Lees die universiteit se verklaring hier.
11 Jun. 06:13:36

11 Jun. 06:12:39

11 Jun. 06:01:17

So lyk SA se jongste syfers

Infeksies: 1 722 086

Sterftes: 57 410

Meer oor:  Infeksies  |  Hospitaal  |  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Gevalle  |  Entstof  |  Sterftes  |  Covid-19  |  Covid-19-Entstof  |  Bevelsraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.