Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Covid-19: 5 552 nuwe infeksies; nog 1 797 inentings gedoen

Luidens die jongste verslag wat Maandagaand uitgereik is, is nog 5 552 Covid-19-gevalle landwyd aangemeld.


14 Jun. 21:13:27

Tuinroete se infeksies styg met 110%

Covid-19-infeksies het die afgelope sewe dae met 110% in die Tuinroete-distrik toegeneem vergeleke met die voorafgaande sewe tot 14 dae.

Luidens ’n verklaring wat deur die Tuinroete- en Karoo-distrikte uitgereik is, is die nuwe infeksies wydverspreid met sommige huishoudelike klusteruitbrekings.

Alle subdistrikte buiten Oudtshoorn toon groot infeksietoenames, met Kannaland wat onveranderd gebly het.

Aktiewe gevalle

Bitou (43)

George (279)

Hessequa (40)

Kannaland (8)

Knysna (55)

Mosselbaai (282)

Oudtshoorn (69)

Totaal: 774

Kumulatiewe gevalle: 35 422

Pasiënte wat herstel het: 33 268

Sterftes: 1 378

Inentings

Altesame 20 653 inentings is sedert die begin van die entstofprogram in die streek toegedien. Dit sluit gesondheidswerkers, tehuise vir bejaardes en ander openbare inentingsentrums in.

14 Jun. 20:34:01

Stand van inentings in Suid-Afrika

Inentings: 1 797 inentings is die afgelope 24 uur toegedien.

Sisonke-studie: 479 768

Eerste dosis van Pfizer se Covid-19-entstof: 1 297 520

Totale inentings in Suid-Afrika: 1 777 288

14 Jun. 19:58:41

Britse ‘vryheid’ met vier weke uitgestel

Boris Johnson, Britse premier, het Maandagaand sy planne om die inperkingsmaatreëls in die land op 21 Junie op te hef, met vier weke uitgestel tot 19 Julie.

Volgens Johnson se aanvanklike plan het hy gehoop om die meeste inperkingsmaatreëls teen 21 Junie op te hef, wat sou beteken dat kroeë, restaurante en ander gasvryheidsbedrywe ten volle sou kon heropen.

“Ek dink dit is ’n sinvolle ding om ’n bietjie langer te wag,” het Johnson op ’n mediakonferensie gesê.

14 Jun. 19:31:03

So lyk nuwe infeksies per provinsie in Suid-Afrika: 

Oos-Kaap 105 

Vrystaat 228

Gauteng 3 720

KwaZulu-Natal 247

Limpopo 118

Mpumalanga 162

Noordwes 278

Noord-Kaap 248

Wes-Kaap 446

Totaal: 5 552



14 Jun. 19:24:58

14 Jun. 19:24:29

Meer as 5 000 nuwe infeksies in SA aangemeld

5 552 nuwe koronavirusinfeksies is sedert Sondagaand se verslag in die land aangemeld, het Nios Maandagaand bekend gemaak.

Daar is tans 88 304 aktiewe gevalle in die land. 30 034 toetse is die afgelope 24 uur gedoen.

Die positiwiteitskoers is 18,5%. Nog 144 sterftes is aangemeld.

Dit bring die sterftesyfer sedert die begin van die pandemie op 57 879 te staan.

67% van alle nuwe infeksies kom in Gauteng voor, gevolg deur die Wes-Kaap met 8% en Noordwes (5%).

Nog 936 pasiënte is in die afgelope 24 uur in hospitale opgeneem en 153 mense is die afgelope 24 uur in hospitale dood.

14 Jun. 18:23:28

Infeksies in Kaapstad-metro neem met 55% toe

Die voorkoms van nuwe koronavirusinfeksies in die Kaapstad-metro het verlede week met 55% toegeneem sedert die vorige week, sê Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, in ’n verklaring.

Volgens Badroodien styg die aantal infeksies, hospitaaltoelatings en sterftes week ná week.“2 320 nuwe gevalle is die afgelope week in die metro aangemeld, wat 55% meer is as die vorige week,” sê Badroodien in ’n verklaring wat Maandagmiddag uitgereik is.

“Ons meld ook dat die aantal positiewe gevalle in al die subdistrikte van die metro voorkom,” het hy luidens die verklaring gesê.

Badroodien het herhaal dat die provinsiale departement van gesondheid onlangs aangekondig het dat die Wes-Kaap en Kaapstad nou die derde vlaag van die koronaviruspandemie betree.

Hy het bygevoeg dat daar tans 63 inentingspunte oor die metro heen is en dat 207 155 inentings reeds in die Kaapstad-metro gedoen is, dit is 4,5% van die bevolking.

14 Jun. 16:02:45

14 Jun. 16:02:26

Meer as 8 000 gevalle in Wes-Kaap

Daar is tans meer as 8 000 aktiewe virusgevalle in die Wes-Kaap.

Alan Winde, Wes-Kaapse premier, het Maandagmiddag in ’n verklaring bekend gemaak dat daar tans 8 037 mense in die provinsie is wat die virussiekte onder lede het.

Altesame 1 091 pasiënte word in hospitale verpleeg, met 253 wat in waake- of hoësorgeenhede is.

Die kumulatiewe syfer vir infeksies in die Wes-Kaap was teen Maandag om 13:00 altesaam 302 232.

Hiervan kon 282 234 mense van die siekte herstel, met 11 061 sterftes wat sedert die begin van die pandemie aangeteken is.

Meer as 1,7 miljoen toetse is ook reeds in die provinsie gedoen.

Teen 11 Junie is 91 732 gesondheidswerkers al in fase 1a en b ingeënt.

Altesame 182 805 mense ouer as 60 jaar is tot dusver in fase 2 van Suid-Afrika se inentingsprogram ingeënt.

Die totale getal inentings in die provinsie is 274 537.

14 Jun. 15:40:17

Aspen stel nog duisende dosisse entstof vir SA beskikbaar

Aspen sal binne dae 300 000 van Johnson & Johnson (J&J) se Covid-19-entstof beskikbaar stel vir Suid-Afrikaanse onderwysers.

Die maatskappy het Maandagmiddag in ’n verklaring gesê hy was die naweek uiters teleurgesteld om te verneem dat spesifieke besendings van J&J se Covid-19-entstof wat by sy Gqeberha-aanleg vervaardig en vir die Suid-Afrikaanse mark bestem was, vernietig moet word weens ’n fout wat by ’n aanleg in Amerika voorgekom het.

Omdat die vernietiging van die entstowwe by die Gqeberha-aanleg ’n negatiewe impak op die inentingsprogram in Suid-Afrika en Afrika het, sal die maatskappy binne ’n week ook J&J-entstowwe wat reeds vervaardig is, aan Suid-Afrika lewer om die verlore entstowwe te vervang en die momentum van Suid-Afrika se inentingsprogram te verseker.

Nog entstowwe wat vervaardig is van bestanddele wat nie besmet is nie, sal ook binne ’n week uitgereik word vir gebruik.

Aspen is ook besig om nog entstowwe te vervaardig wat in Julie vir Suid-Afrikaanse gebruik beskikbaar sal wees.

Meer oor:  Infeksies  |  Hospitaal  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Gevalle  |  Entstof  |  Sterftes  |  Covid-19  |  Covid-19-Entstof  |  Bevelsraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.