Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
OORSIG: Terug na vlak 3

Dit is dag 446 van die nasionale staat van inperking wat weens die koronaviruspandemie ingestel is.

Suid-Afrika het reeds meer as 1,7 miljoen kumulatiewe gevalle en meer as 58 000 sterftes.

Meer as 1,6 miljoen mense het al herstel.

Die nasionale departement van gesondheid sê altesaam 1 871 803 mense is reeds ingeënt.

Hier volg die jongste verwikkelinge: 

15 Jun. 21:03:53

Die jongste infeksies per provinsie

Oos-Kaap 370

Vrystaat 464

Gauteng 5 433

KwaZulu-Natal 442

Limpopo: 143

Mpumalanga: 237

Noordwes: 523

Noord-Kaap: 215

Wes-Kaap: 609

Totaal: 8 436

15 Jun. 21:01:23

Soveel inentings is al in SA gedoen

Meer as 1,8 miljoen mense in Suid-Afrika is al teen Covid-19 ingeënt, volgens die jongste data wat Nios Dinsdagaand bekend gemaak het.

1 871 987 mense, insluitend die 479 768 gesondheidswerkers wat volgens die Sisonke-studie ingeënt is, is reeds in die land ingeënt. 1 392 219 mense het reeds die eerste dosis van Pfizer se Covid-19-entstof ontvang. 

85 581 inentings is die afgelope 24 uur gedoen. 

15 Jun. 20:30:21

15 Jun. 20:28:35

Hy is vol selfvertroue dat die land dit suksesvol sal oorkom.

Hy vra God om aan te hou om die land en sy mense te seën.

Die president is klaar met sy toespraak.

15 Jun. 20:27:45

Entstowwe werk wel

Volgens Ramaphosa is daar ondanks die stygende infeksiesyfers tog hoop. Net 64 gesondheidswerkers het die afgelope paar dae siek geword. Dit is 'n  aansienlike vermindering van infeksies onder gesondheidswerkers. Dit wys dat die entstof wel werk.

Daarom moet die inentingsprogram versnel word. Hy sê hy het 15 maande gelede in sy toespraak gesê die pandemie sal verbygaan. Dit sal egter van landsburgers afhang van hoe lank dit sal neem en hoe verwoestend dit sal wees.

Hy sê foute is langs die pad gemaak, maar dat vordering ook gemaak is.

Hy voeg by dat daar ’n pad gesien kan word om die pandemie te oorkom, maar dat baie meer nog gedoen moet word en baie opofferings nog gemaak moet word.

15 Jun. 20:23:04

Inentingsprogram

Volgens hom het die land se inentingsprogram verskeie terugslae beleef. Eers met die AstraZeneca-entstof en toe weer met die Johnson&Johnson-entstof.

Hy sê laasgenoemde was die beste vir SA omdat dit 'n enkeldosis-entstof is. Dit word egter vertraag weens probleme in Amerika.

Tot dusver het die inentingsprogram staatgemaak op die Pfizer-entstof wat twee dosisse vereis. Volgens Ramaphosa is byna 2 miljoen mense tot dusver in die land ingeënt.

Die pas van inentings neem toe met tot 80 000 mense wat nou daagliks ingeënt word. Hy sê die J&J-probleme is ook nou opgelos.

Sowat 2 miljoen dosisse wat reeds by die Aspen-fabriek in Gqeberha vervaardig is, is nou onbruikbaar. Aspen het hom verbind om die land weer binne die volgende dae van nuwe entstof te voorsien. Teen einde Junie sal ons 3,1 miljoen Pfizer-dosisse ontvang het.

J&J het belowe dat hulle teen einde vandeesmaand 2 miljoen nuwe dosisse vir SA sal lewer. Dit sal gebruik word om onderwysers en dan veiligheidspersoneel in die voorste linie in te ent. Die onmiddellike taak is egter om almal ouer as 60 in te ent. Die doel is om ten minste 150 000 mense per dag in te ent. Ek verkies dat ons 300 000 mense per dag inent. Hy versoek almal bo 60 om aanlyn te registreer vir inenting.

15 Jun. 20:22:36

Hy sê dit hang nou van elkeen af om die risiko vir besmetting te minimaliseer.

15 Jun. 20:22:28

Ramaphosa sê die skuif na vlak 3 kan ’n belangrike impak op die lewe van landsburgers en gebeurtenisse hê. Soos die Jeugdagvieringe Woensdag wat hy virtueel in Pietermaritzburg sal toespreek.

15 Jun. 20:21:59

Misdaad om nie jou masker te dra nie

Ramaphosa sê daar is gestreef daarna om gepaste maatreëls regdeur die regering se reaksie op die pandemie in te stel.

As daar te laat opgetree word of die reaksie is te sag, is die risiko daar dat ons beheer oor die virus kan verloor.

Hy sê daar is na kundiges en wetenskaplikes se advies geluister met die jongste maatreëls.

Behalwe dit, bly ander belangrike maatreëls in plek. Soos dat dit verpligtend is vir elke mens om ’n masker in die openbaar te dra.

Dit is ’n misdaad as dit nie gedoen word nie.

Eienaars van openbare plekke, taxi’s en busse het almal die verantwoordelikheid om te sorg dat mense maskers dra en aan die maatreëls voldoen.

Hy sê dit is ook 'n misdaad as die hoeveelheid mense in sulke plekke of voertuie meer as die voorgeskrewe getal is.

15 Jun. 20:18:51

Drankverkope

Drank sal net van Maandag tot Donderdag verkoop word. Drank kan ook net tot 21:00 in gelisensieerde plekke verkoop word.

Meer oor:  Infeksies  |  Hospitaal  |  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Gevalle  |  Entstof  |  Strenger Inperkings  |  Sterftes  |  Covid-19  |  Covid-19-Entstof  |  Bevelsraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.