Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 448: 11 767 nuwe gevalle in SA aangemeld

Dit is dag 448 van die nasionale staat van inperking wat weens die koronaviruspandemie ingestel is.

Suid-Afrika het reeds meer as 1,7 miljoen kumulatiewe gevalle en meer as 58 000 sterftes.

Meer as 1,6 miljoen mense het al herstel.

Die nasionale departement van gesondheid sê byna 2 miljoen mense is reeds ingeënt.

Hier volg die jongste verwikkelinge: 

17 Jun. 20:49:49

Entstof gou in land verwag

Suid-Afrika se nasionale inentingsprogram sal van Vrydag af weer deeglik momentum kry wanneer ’n besending van 300 000 dosisse entstof uit Amerika in die land aankom. Dié entstof van Johnson & Johnson (J&J) is die eerste van 2 miljoen dosisse wat binne die volgende paar dae stuksgewys in die land sal aankom.

Lees die volledige berig hier.
17 Jun. 20:48:32

17 Jun. 20:48:12

17 Jun. 20:47:32

Dorpie in Namakwaland ‘vreesbevange’ ná 3 sterftes

Die plattelandse gemeenskap van Kliprand in Namakwaland lewe in vrees nadat die eerste positiewe geval van Covid-19 Maandag daar bevestig is en drie mense binne vier dae daarna aan die virussiekte dood is.

Daar is net sowat 250 inwoners en teen Donderdag is 30 al positief getoets.

Kliprand is sowat 150 km van Vredendal af en grens aan die Noord-Kaap.

Lees die volledige berig hier.
17 Jun. 20:46:47

Covid-19: Jhb en Tshwane brandpunte in Gauteng

Die getal bevestigde koronavirusgevalle in Gauteng, wat deur die regering as ’n brandpunt beskryf word, het teen Donderdag op 522 366 gestaan. Altesaam 7 869 nuwe gevalle is aangemeld. Kwara Kekana, ’n woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, het Donderdag in ’n verklaring gesê 11 861 mense het reeds in die provinsie aan Covid-19 gesterf.

Lees die volledige berig hier.
17 Jun. 20:46:09

‘4de, selfs 5de of 6de vlaag’ kan SA tref

Suid-Afrika kan hom voorberei op ’n vierde en selfs vyfde of sesde vlaag van die Covid-19-pandemie, sê kenners. Te midde van die derde vlaag in die land was daar Woensdag 95 772 aktiewe gevalle, waarvan die meeste in Gauteng. Die land se kumulatiewe syfer staan op meer as 1,7 miljoen en die sterftes op 58 223.

Lees die volledige berig hier.
17 Jun. 20:45:33

Besoeke aan Gauteng-hospitale opgeskort

Besoeke aan pasiënte by alle staatshospitale in Gauteng is tydelik opgehef weens die derde vlaag van die Covid-19-pandemie.

Lees die volledige berig hier.
17 Jun. 20:44:54

W-Kaap ‘nou in 3de vlaag’ met meer as 9 800 gevalle

Die Wes-Kaap is nou amptelik in die derde vlaag van koronavirusinfeksies met 9 826 aktiewe gevalle. Meer as 1 000 nuwe gevalle is die afgelope 24 uur aangemeld, is vroegaand op die provinsiale regering se Covid-19-inligtingspaneel bekend gemaak.

Lees die volledige berig hier.
17 Jun. 19:26:21

Meer as 11 000 nuwe gevalle

Meer as 11 000 nuwe koronavirusgevalle is Donderdag in Suid-Afika aangeteken.

Die 11 767 nuwe gevalle bring die kumulatiewe syfer nou op 1 786 079 te staan. Die meeste gevalle is weer in Gauteng aangeteken (64%), gevolg deur die Wes-Kaap (11%).

Volgens 'n verklaring van Nios is meer as 52 118  toetse die afgelope 24 uur gedoen en is die positiwiteitskoers 22,6%.

Nog 100 sterftes is aangemeld. Die dodetal sedert die begin van die pandemie is nou 58 323.

Altesaam 1 623 319 mense kon al van die virussiekte herstel.

Daar was ook weer 'n styging in die hospitaliserings met 1 974 pasiënte wat die afgelope 24 uur in hospitale opgeneem is.

Daar is tans 8 832 pasiënte wat weens Covid-19 hospitaalbehandeling in staatsinstellings (2 923) en private hospitale (5 909) ontvang.

Provinsiale gevalle op 17 Junie

Oos-Kaap 320

Vrystaat 515

Gauteng 7 502

KwaZulu-Natal 454

Limpopo 255

Mpumalanga 429

Noordwes 737

Noord-Kaap 313

Wes-Kaap 1 242

17 Jun. 19:17:10

Meer oor:  Infeksies  |  Hospitaal  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Gevalle  |  Entstof  |  Sterftes  |  Covid-19  |  Covid-19-Entstof  |  Bevelsraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.