Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 455: 16 078 nuwe infeksies in SA; 115 016 inentings gedoen

Dit is dag 455 van die nasionale staat van inperking wat weens die koronaviruspandemie ingestel is.

Suid-Afrika het reeds meer as 1,8 miljoen kumulatiewe gevalle en meer as 59 000 sterftes.

Meer as 1,6 miljoen mense het al herstel wat die land se herstelkoers op 89,8% te staan bring.

Die nasionale departement van gesondheid sê meer as 2,3 miljoen mense is reeds ingeënt.

Hier volg die jongste verwikkelinge: 

24 Jun. 21:10:54

Swellendam 'gesluit'

Swellendam het daadwerklike maatreëls afgekondig om die stygende koronavirusinfeksies in die streek te stuit.Die infeksies het Donderdag hier tot 139 gevalle gestyg vergeleke met minder as tien gevalle sewe dae gelede, luidens ’n verklaring wat deur die Swellendam-munisipaliteit uitgereik is.

Vyf bykomende sterftes is ook aangeteken.Volgens die verklaring is Suurbraak en Buffelsjagsrivier as brandpunte geïdentifiseer, met Swellendam wat tans 34 positiewe gevalle het.

Die Swellendam- gesamentlike rampbestuuroperasiesentrum het derhalwe besluit dat die volgende maatreëls onmiddellik sal geld:

• Alle funksies, kerkdienste, Bybelstudie, partytjies en gebruik van openbare geriewe word vir die volgende 14 dae verbied.

• Dit sluit nagwake en aktiwiteite ná verassings in.

• Net 100 mense mag samekomste bywoon.

• ’n Maksimum van 50 persone mag ’n begrafnis bywoon, maar nie vir langer as twee uur nie.

• Dienste binne beboude strukture is beperk tot 50% van die lokaal se kapasiteit, ook tot ’n minimum van 50 mense.

• Die Swellendam Under the Oaks-mark en Under the Palms-mark mag bedryf word, maar word beperk tot ’n maksimum van 100 persone (insluitend handelaars en personeel).

• Opelugmarkte word nogtans aangeraai om vir die volgende 14 dae eerder nie in bedryf te wees nie.

24 Jun. 20:11:17

24 Jun. 19:50:00

24 Jun. 18:49:22

Net meer as 16 000 nuwe gevalle in 24 uur in SA

Meer as 16 000 nuwe koronavirusgevalle is Donderdag in Suid-Afrika aangeteken. Die 16 078 nuwe gevalle bring die kumulatiewe syfer op 1 877 143 te staan.

Daar is tans 141 910 aktiewe gevalle in die land.

Die meerderheid gevalle word steeds in Gauteng aangeteken (59%), gevolg deur die Wes-Kaap (12%).

Luidens 'n verklaring van Nios is meer as 65 631 toetse die afgelope 24 uur gedoen en is die positiwiteitskoers 24,5%.

Nog 148 sterftes is aangemeld. Die dodetal sedert die begin van die pandemie is nou 59 406.

Altesaam 1 675 827 mense kon al van die virussiekte herstel.

Meer pasiënte – 607 –  is die afgelope 24 uur in hospitale opgeneem. Daar is tans 10 736 pasiënte wat weens Covid-19 hospitaalbehandeling in staatsinstellings (3 636) en private hospitale (7 100) ontvang.

Nuwe provinsiale gevalle op 24 Junie:

Oos-Kaap: 466

Vrystaat: 552

Gauteng: 9 521

KwaZulu-Natal: 696

Limpopo: 867

Mpumalanga: 630

Noordwes: 1 143

Noord-Kaap: 291

Wes-Kaap: 1 912

Totaal: 16 078

Inentings:

Altesaam 115 016 mense is Donderdag ingeënt. 

24 Jun. 18:40:03

3de vlaag: Wes-Kaap nader 15 000 aktiewe gevalle

Die Wes-Kaap het teen Donderdagmiddag meer as 14 800 aktiewe koronavirusgevalle gehad.

Die provinsie is egter nie soos Gauteng in die voorste linies van die derde vlaag nie, is Donderdagoggend op Alan Winde, Wes-Kaapse premier, se weeklikse digitale konferensie gesê.

Volgens Winde is die provinsie op alle vlakke gereed vir die derde vlaag, maar mense moenie die gesondheidstelsel “toets” nie.

Lees die volledige berig hier.
24 Jun. 18:39:11

Te min inenters om naweke ook te werk

Geldtekorte om inenters oortyd te betaal, is nie die enigste rede hoekom so min inentings oor naweke geskied nie – daar is ook ’n tekort aan mediese personeel.

So het Nicholas Crisp, adjunk-direkteur-generaal van gesondheid, Donderdag by navraag gesê. “Ons gesondheidspersoneel werk die hele jaar al hard in die stryd teen die pandemie en ons kan hulle nie dwing om sewe dae per week te werk nie,” sê Crisp.

Lees die volledige berig hier.
24 Jun. 17:51:59

Malmesbury-skole ‘steier’ onder Covid-19

Twee hoërskole in Malmesbury “steier” onder die gevolge nadat Covid-19 by minstens sewe leerlinge en vyf onderwysers gediagnoseer is.

Schoonspruit Senior Sekondêr het sy koshuis, wat 125 leerlinge huisves, gesluit nadat twee leerlinge in die koshuis positief getoets is.

Al die leerlinge is huis toe gestuur vir isolasie.Verder is drie van die dorpsleerlinge en ’n onderwyser ook positief getoets.

Lees die hele berig hier.
24 Jun. 17:15:19

Skole ontsmet ná Covid-19-gevalle

’n Onderwyser van die Sekondêre Skool Albert Myburgh in Bredasdorp is positief getoets vir Covid-19 en nog vyf personeellede is tans in kwarantyn omdat hulle kontak met die onderwyser gehad het.Dit is Donderdag by navraag deur die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD) bevestig.

Die skool het vroeër in ’n verklaring op sy Facebookblad gesê “dit is met groot kommer en besorgdheid dat ons u meedeel dat ’n opvoeder positief getoets het en vyf personeellede wat met die kollega kontak gehad het, is in kwarantyn”.

Lees die hele berig hier.
24 Jun. 17:13:23

Sluit Suurbraak week lank, vra inwoners ná 2 sterftes

Inwoners van Suurbraak naby Swellendam vra dat dié sendingdorpie vir sewe dae heeltemal “gesluit moet word” nadat koronavirusinfeksies hier skerp gestyg en twee mense binne enkele dae aan Covid-19 dood is.

Dit kom kort nadat die gesamentlike rampbestuursentrum in Swellendam Maandag strenger inperkingsregulasies vir die volgende twee weke aanbeveel het weens die skerp toename in infeksies in die gebied.

Lees die hele berig hier.
24 Jun. 15:17:13

Hospitaal in Jhb gou oop - Dennis Delport

Die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg sal binnekort in fases begin oopmaak.

David Makhura, premier van Gauteng, sê blok een en twee, asook die onkologie-eenheid, sal eerste oopgestel word.

“Daardie dele is nie geaffekteer deur die brand nie.

“Dit sal help om meer beddens vir Covid-19-pasiënte beskikbaar te stel,” sê hy. Personeel is reeds besig om die plek gereed te kry.

“Die heropening sal ook verligting bring vir die ander hospitale in die provinsie,” het Makhura tydens ’n mediakonferensie van die Gautengse Covid-19-bevelsraad gesê.

Hy sê die plan is dat die onkologie-eenheid Maandag open.

Meer oor:  Infeksies  |  Hospitaal  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Gevalle  |  Entstof  |  Sterftes  |  Covid-19  |  Covid-19-Entstof  |  Bevelsraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.