Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 455: 16 078 nuwe infeksies in SA; 115 016 inentings gedoen

Dit is dag 455 van die nasionale staat van inperking wat weens die koronaviruspandemie ingestel is.

Suid-Afrika het reeds meer as 1,8 miljoen kumulatiewe gevalle en meer as 59 000 sterftes.

Meer as 1,6 miljoen mense het al herstel wat die land se herstelkoers op 89,8% te staan bring.

Die nasionale departement van gesondheid sê meer as 2,3 miljoen mense is reeds ingeënt.

Hier volg die jongste verwikkelinge: 

24 Jun. 14:48:15

Gauteng se piek dan verwag - Dennis Delport

Die piek van die derde vlaag van Covid-19-infeksies in Gauteng is nog ’n entjie weg, sê David Makhura, premier van Gauteng.

Hy het Donderdag op ’n mediakonferensie van die provinsiale Covid-19-bevelsraad gesê die piek word êrens in die eerste week in Julie verwag.

“In pandemie-terme is dit nog lank. Baie mense kan nog siek word tot dan en nog meer mense kan gehospitaliseer word,” sê hy.

24 Jun. 14:08:32

Strenger inperking nodig in Gauteng, maar nie nodig vir vlak 5 - Dennis Delport

Strenger inperkingsmaatreëls is dringend nodig in Gauteng om die derde vlaag van Covid-19-infeksies te beveg, het prof. Bruce Mellado, lid van die premier se advieskomitee oor Covid-19, Woensdag op ’n mediakonferensie van die Gautengse Covid-19-bevelsraad gesê.

Hy sê ’n ’n inperking op vlak 5 sal egter geen doel dien nie en dit sal net die ekonomie benadeel.

“Dit is te laat vir vlak 5. Ons moet kyk na ’n strenger vlak 3 of selfs vlak 4,” sê hy.

Dr. Mary Kawonga, voorsitter van die provinsiale bevelsraad, het op die mediakonferensie gesê die inperkings op vlak 2 en die huidige vlak 3 waar dit nou is, het geen doel gedien om die infeksiekoers in Gauteng te stuit nie.

24 Jun. 10:04:12

Lang Covid in Engeland veel erger as voorheen

Meer as 2 miljoen volwassenes in Engeland het langer as 12 weke met simptome van die virussiekte gesukkel. Dit is dubbel soveel gevalle van lang Covid as wat voorheen beraam is.

Volgens 'n studie, wat tot dusver een van die omvangrykstes is, is bevind dat mense met langdurige simptome in twee kategorieë te val.

Daar is diegene met respiratoriese simptome, wat gereeld ernstiger simptome ervaar wanneer hulle aanvanklik siek word, en ander wat slegs simptome toon wat met moegheid verband hou.

Soos in vorige studies het dit geblyk dat dit meestal vroue is wat die ergste geraak word, en dat die volgehoue simptome met ouderdom toeneem.

Navorsers het hierdie bevindings as “angswekkend” bestempel.

Die React-2-studie is 'n  bevolkingswaarnemingstudie deur die regering wat lukrake vingerpriktoetse vir teenliggame op volwassenes in die land doen om vas te stel hoe ver die virus versprei het. – The Guardian

24 Jun. 05:35:20

So lyk SA se jongste gevalle

Infeksies: 17 493

Kumulatiewe gevalle: 1 861 065

Nuwe sterftes: 166

Kumulatiewe sterftes: 59 258 

Meer oor:  Infeksies  |  Hospitaal  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Gevalle  |  Entstof  |  Sterftes  |  Covid-19  |  Covid-19-Entstof  |  Bevelsraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.