Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 485: Sterftesyfer in SA kruip nader aan 70 000
  • Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het op 'n nuuskonferensie vanoggend bevestig skole is gereed om Maandag te heropen.

Kyk hier na 'n opname van die inligtingsessie:

24 Jul. 20:34:04

24 Jul. 19:11:04

Jongste syfers

Daar is die afgelope 24 uur 12 056 nuwe infeksies aangemeld. Dit bring die totaal op 2 368 105 te staan.

In dieselfde tydperk was daar nog 413 sterftes. Die sterftesyfer in Suid-Afrika is nou 69 488.

Daar was 41 747 inentings die afgelope 24 uur. Daar is tot dusver altesaam 6 357 32 inentings.

24 Jul. 18:46:05

Derde vlaag woed nog in res van Afrika

Hoewel die derde vlaag van Covid-19 in Suid-Afrika stadig tot ’n einde kom, is daar ander Afrikalande wat nou vir die negende agtereenvolgende week skerp stygings in infeksiegetalle het.

Dr. Matshidiso Moeti, streeksdirekteur van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), sê hoewel die afname van infeksiesyfers in Suid-Afrika hoop en inspirasie bied, moet dit hoegenaamd nie ’n illusie skep oor hoe dit op die res van die kontinent lyk nie.

Lees meer
24 Jul. 17:44:59

24 Jul. 16:44:09

24 Jul. 14:48:47

24 Jul. 14:47:58

Mense wat in die reën om ingeënt te word in Fuyang in China se Anhui-provinsie. Foto: Reuters

24 Jul. 11:24:08

Die nuuskonferensie is verby.

24 Jul. 11:14:24

Roterende rooster 'katastrofies', maar moet vir nou bly

Die feit dat baie leerlinge nie elke dag kan skoolgaan nie, is 'n katastrofe, sê Angie Motshekga, minister van basiese onderwys.

Sy het op 'n vraag van 'n joernalis op vanoggend se nuuskonferensie gesê verlede jaar het 65% se onderwystyd verlore gegaan.

"Die gesondheid en veiligheid van leerlinge kom eerste, maar die gevolge van Covid-19 is verwoestend."

Sommige skole het byna 2 000 leerlinge, dus kan almal nie elke dag skoolgaan nie, sê Motshekga.

Sy sê sy verwag "’n katastrofiese toekoms met ’n generasie leerlinge wat twee jaar van hul skoolloopbaan verloor het”. Sy is veral bekommerd oor leerlinge in die grondslagfase.

"Leerlinge is veronderstel om 12 jaar skool te gaan. Daar is egter geen ander opsie as om met die roterende rooster voort te gaan nie, omdat skole andersins in superverspreiders sal ontaard."


24 Jul. 10:55:00

Joernaliste se vrae word nou voorgelees. 

Meer oor:  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Inentings  |  Universiteite  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.