Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
OORSIG: SA na aangepaste vlak 3; 18-34 van 1 September ingeënt

Dit is dag 486 van die nasionale inperking wat weens die Covid-19-pandemie ingestel is.

Suid-Afrika het reeds meer as 2,3 miljoen kumulatiewe gevalle en meer as 69 000 sterftes.

Meer as 2,1 miljoen mense het al herstel, wat die land se herstelkoers op 90,7% te staan bring.

Die nasionale departement van gesondheid sê meer as 6,3 miljoen mense is reeds ingeënt.

Volg die jongste verwikkelinge hier.

25 Jul. 21:21:46

LEES: Ramaphosa se volledige toespraak

Lees pres. Cyril Ramaphosa se volledige toespraak soos gelewer op Sondag 25 Julie 2021.

Lees die volledige berig hier.
25 Jul. 21:19:13

Gesondheid, dis vlak 3! 10 dinge wat jy moet weet

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand goeie én slegte nuus gebring vir SuidAfrikaners wat smag om na normaliteit terug te keer te midde van die voortslepende Covid-19-pandemie. Hier is die stand van die inperkingsregulasies.

Lees die volledige berig hier.
25 Jul. 21:12:26

Die president is klaar gepraat.

25 Jul. 21:08:33

'Land se sterkte lê in sy mense'

Ramaphosa sê die land se sterkte lê in sy Grondwet, maar die belangrikste is die sterkte wat daar in sy mense is wat saamstaan.

Hy sê Suid-Afrikaners het ’n kollektiewe verantwoordelikheid om ’n verenigde en nierassige land te bou.

Hy sluit af deur die woorde "God seën Afrika" in die amptelike landstale te sê.

25 Jul. 21:05:55

Finansiële hulp

Registrasie vir die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se Covid-19-Ters-skema is oop en die WVF gaan so gou as moontlik mense help wat nie ’n inkomste het nie, sê Ramaphosa.

Daar is egter meer hulp nodig en die regering gaan aan werkgewers R750 gee vir elke werknemer wat minder as R6 000 per maand verdien.


25 Jul. 20:59:08

Betalings van R350 weer ingestel

Maandelikse toelaes van R350 word weer ingestel as deel van die regering se maatskaplike hulpfonds.

Ramaphosa sê meer inligting hieroor sal binnekort gegee word.

Maatreëls word ook ingestel om ondernemings te help om hulself te herbou.

Die regering gaan verseker dat Sasria-eise vir skade uitbetaal word.Daar is ook ’n plan vir ondernemings wat nie verseker is nie, om hulp te kry.

25 Jul. 20:56:20

Hy bedank diegene wat na vore gekom het om te verseker dat die geweld en vernietiging stopgesit word, en bowenal dat die demokrasie in die land beskerm word.

25 Jul. 20:55:42

Meer as 300 sterf in onlangse geweld

Ramaphosa verwys nou na die meer as 300 mense wat in die onlangse geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng dood is.

Hy sê die vernietiging wat veroorsaak is, word steeds gevoel.

Sake-eienaars het in ’n enkele dag verloor wat hulle jare aan gebou het.

Ramaphosa sê mens het ’n plig om diegene wat geraak is deur die geweld, te help.

Daar moet seker gemaak word dat dit nie weer gebeur nie.

Hy verwys weer na die ontplooiing van die weermag en polisie, en sê noodsaaklike paaie word steeds beskerm sodat kos en goedere afgelewer kan word.

25 Jul. 20:50:54

Dra van maskers steeds verpligtend

Almal moet maskers dra en 'n gesonde afstand van mekaar handhaaf. Ramaphosa sê dit is belangrik om te onthou dit is ’n misdaad indien daar meer as die beperkte aantal mense by plekke byeenkom.

Hy herhaal die doeltreffendste wapen teen die koronavirus is inenting.

Daar word nou meer as 240 000 mense elke weekdag ingeënt. ’n Maand gelede was dit sowat 100 000 inentings per dag.

Daar is nou meer as 6,3 miljoen inentings toegedien en meer as 10% van die land se inwoners het inentings ontvang.

Mense tussen 18 en 34 kan hul ook nou registreer om inentings te kry.

Mense van tussen 18 en 34 jaar ou word vanaf 1 September ingeënt.

Ramaphosa verwys na die verskaffing van entstowwe en sê daar moet seker gemaak word dat die entstowwe wel afgelewer word.

Nuwe variante van die virus moet ook dopgehou word sodat die inentings daarby aangepas kan word. 

25 Jul. 20:47:04

Land skuif na vlak 3

Ramaphosa sê van die beperkings kan gelig word, soos die verkoop van alkohol en ook die beperkings op samekomste.

Die land skuif na vlak 3. Dit geld onmiddellik.

Die aandklokreël geld van 22:00 tot 04:00.

Restaurante, kroeë mag oopmaak maar moet om 21:00 sluit.

Binnenshuis mag 50 mense saam wees en in die buitelug 100 mense.

Plekke mag egter steeds slegs maksimum 50% vol wees, dit sluit in restaurante en kroeë.

Begrafnisse mag steeds slegs deur maksimum 50 mense bygewoon word.

Alkohol mag tussen Maandag en Donderdag verkoop word.

Restaurante mag volgens hul dranklisensies alkohol verkoop.Skole maak weer Maandag oop.

Meer oor:  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Vlak 3  |  Inentings  |  Universiteite  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.