Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 495: 8% van volwassenes in SA ten volle ingeënt

Dit is dag 495 van die nasionale staat van inperking wat weens die koronaviruspandemie ingestel is.

Suid-Afrika het Maandag nog 5 575 nuwe gevalle aangemeld, dus is die kumulatiewe getal gevalle landwyd nou 2,46 miljoen.

Nog 246 sterftes is aangemeld, dus is die dodetal nou 72 437.

Meer as 2,238 miljoen mense het reeds herstel, wat die land se herstelkoers op 90,9% te staan bring.

Die nasionale departement van gesondheid sê 7,76 miljoen mense is reeds ingeënt.


03 Aug. 20:43:50

Ent jou in en ons verslap inperking, sê Aussie premier

Die streng staat van inperking in Sydney, hoofstad van Nieu-Suid-Wallis (NSW) en een van Australië se grootste stede, kan verslap word indien die vyf miljoen inwoners tot einde Augustus tuisbly en die helfte van dié inwoners teen Covid-19 ingeënt word.

Scott Morrison, Australiese premier wie se regering onder kwaai kritiek deurloop oor die gebrekkige inentingsveldtog in die land, glo ligter inperkingsmaatreëls sal ’n goeie aansporing vir inenting wees.

Nog 199 plaaslik oordraagbare Covid-gevalle is die afgelope 24 uur in NSW aangemeld – ’n raps minder as die 239 nuwe gevalle wat Maandag aangemeld is.Gladys Berejiklian, premier van NSW, het Dinsdag gesê inperkingsmaatreëls kan verslap word indien dié staat se 6 miljoen inwoners voor 28 Augustus ingeënt word – die datum waarop die huidige inperkingsmaatreëls verstryk. – Reuters

03 Aug. 20:43:46

New York sal inentings vereis om restaurante, gimnasiums te besoek

Die stad van New York sal 'n bewys van inenting vereis vir toegang tot alle restaurante, fiksheidsentrums en binnenshuise vermaaklikheidsplekke, het Bill de Blasio, die burgemeester, Dinsdag aangekondig.

"As jy nie ingeënt is nie, sal jy ongelukkig nie toegelaat word om aan baie dinge deel te neem nie," het hy gesê.

"As jy ten volle deel van ons samelewing wil wees, moet jy ingeënt word."

Die beleid sal oor die volgende paar weke in werking tree.

Dié stap deur die stad kom terwyl sake-ondernemings in Amerika begin om inentingsvereistes vir hul personeel, en in sommige gevalle ook vir hul kliënte, in te stel om ook bewys te lewer dat hulle ingeënt is.

Broadway-teaters het reeds aangekondig dat hulle gaan vereis dat hul gehore asook hul personeel ingeënt is – minstens gedurende Oktober.

New York is nie al stad wat druk om inentings te verplig nie. Lande in Europa het verskeie aansporings bekend gestel, waaronder kontantbetalings en gratis sokkerstadiontoere, om mense aan te spoor om hulle te laat inent.

Die Franse parlement het Maandag wetgewing goedgekeur vir 'n vereiste “gesondheidspas” of 'n negatiewe Covid-19-toets voordat mense restaurante en kroeë mag besoek of op  langafstandtreine en vliegtuie mag reis. – CNN 

03 Aug. 20:09:03

Net diegene wat ernstig siek is voortaan in Japan gehospitaliseer

Japan gaan voortaan net pasiënte hospitaliseer wat ernstig siek is en diegene wat dalk ernstig siek kan word, vra om by die huis te isoleer, het die Japannese owerhede gesê.

Dit is weens kommer oor moontlike druk op die land se gesondheidstelsel te midde van ’n vlaag van nuwe gevalle in die hoofstad Tokio waar die Olimpiese Spele nou plaasvind.

Die onlangse warm weer in die hoofstad het bygedra daartoe dat meer mense om ander redes in die hoofstad gehospitaliseer is.

Daar is ’n vinnige toename in gevalle met sowat 10 000 infeksies wat daagliks landwyd aangemeld word.

Tokio het Saterdag 4 058 nuwe infeksies gehad.

Die grootste toename is in die bevolking onder 60 jaar oud.

Daar is tot dusver 937 293 infeksies en 15 911 sterftes in die land, maar dit kan dalk verander met die aansteeklike Delta-variant wat in die land is.

Net minder as 30% van die bevolking is al ingeënt. — Reuters

03 Aug. 20:08:05

03 Aug. 19:14:23

03 Aug. 18:58:29

8% in SA ten volle ingeënt

* Altesaam 191 7221 mense het die afgelope 24 uur 'n Covid-19-inenting ontvang.

* Totale dosisse inentings: 7 981 822.

* Volwassenes wat ten volle ingeënt is: 3 212 974 (8% van die bevolking). 

03 Aug. 18:57:19

03 Aug. 18:32:54

Jongste syfers in SA

Daar is die afgelope 24 uur 8 988 nuwe infeksies aangemeld. Dit bring die totaal op 2 470 746 te staan.

Die positiwiteitskoers is 19,8%.

In dieselfde tydperk was daar 555 sterftes, wat die sterftesyfer opstoot tot 72 992.

Daar is tans 147 046 aktiewe gevalle in die land. Altesaam 2 250 708 mense kon van die virussiekte herstel.

Die nuwe gevalle is soos volg provinsiaal aangeteken: Wes-Kaap en Gauteng (25%), KwaZulu-Natal (19%), Oos-Kaap (9%), Mpumalanga (6%), Noordwes (5%), Vrystaat en Limpopo (4%) en die Noord-Kaap (2%). 

03 Aug. 18:10:30

Onwettige immigrante ook teen Covid-19 ingeënt

Buitelanders wat sonder die nodige dokumentasie in Suid-Afrika is, insluitend onwettige immigrante, sal ook Covid-19-inentings kan ontvang.

Nicholas Crisp, adjunk-direkteur-generaal van die departement van gesondheid, het Dinsdag gesê dié besluit is geneem omdat die departement nog altyd daarop fokus om die hele gemeenskap teen oordraagbare siektes te beskerm.

“Die departement van gesondheid is nie verantwoordelik daarvoor om te bepaal wie onwettig in die land is nie.”

Lees die volledige berig hier.
03 Aug. 18:09:32

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.