Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 60: Infeksies: 23 615; sterftes: 481

JONGSTE SYFERS IN SUID-AFRIKA:

  • Die getal bevestigde koronavirusgevalle het tot 23 615 gestyg.
  • Die dodetal het met 52 tot 481 gestyg. 
covid-19, 25 mei, SA syfers


Hier volg die jongste verwikkelinge:

  • Suid-Afrikaners sal Dinsdagmiddag nader besonderhede kry oor vlak 3 se regulasies wanneer die nasionale koronavirus-bevelsraad 'n nuuskonferensie hou. 
  • 5,4 miljoen mense is wêreldwyd met die koronavirus besmet, volgens data van die Johns Hopkins-Universiteit. 

25 Mei 22:42:25

Biden wys gesig, met 'n masker

Joe Biden, Demokratiese presidentskandidaat, het Maandag vir die eerste keer in tien weke in die openbaar verskyn - met 'n gesigsmasker op.

Biden was in selfisolasie weens die uitbreek van die Covid-19-pandemie. 

Hy het Maandag 'n kranslegging in Delaware behartig. - Reuters, Foto: AP


25 Mei 22:34:35

Britse maatreëls verder verslap

Inperkingsmaatreëls in Brittanje word binne weke verder verslap, het die Britse premier, Boris Johnson, Maandagaand aangekondig. 

25 Mei 22:32:18

25 Mei 22:00:14

Voortsetting van tabakverbod 'meerderheid se besluit'

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering, het teruggekap oor wat sy noem die verpersoonliking van kollektiewe besluite wat deur die Nasionale Koronavirus-bevelsraad (NKB) geneem word.

Mlungisi Mtshali, Dlamini-Zuma se woordvoerder, het gereageer op die NKB se verlenging Sondag van die verbod op tabak- en sigaretverkope wanneer vlak?3 van die inperking op 1?Junie landwyd in werking tree.

Sonder om in te gaan op wat Dlamini-Zuma se standpunt oor die kwessie is, het Mtshali gesê dat debatte in dié raad oor kwessies gevoer mag word, maar dat die uiteindelike besluite wat geneem word dié is van die meerderheid individue in die raad

Klik hier om die volledige berig te lees.
25 Mei 21:35:02

STERFTESYFER IN SA

Die provinsie met die hoogste sterftesyfer is die Wes-Kaap met 330, gevolg deur die Oos-Kaap (61) en KwaZulu-Natal (49). In Gauteng is die sterftesyfer 30, Vrystaat (6), Limpopo 3, Noordwes 1 en Noord-Kaap 1. 

25 Mei 21:32:07

Daar was teen Maandagaand 23 615 bevestigde Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.

11 917 mense kon reeds van Covid-19 herstel.

Die dood van nog 52 mense bring die sterftesyfer in die land nou op 481 te staan.

Die Wes-Kaap het steeds die meeste gevalle met 15 396, gevolg deur die Oos-Kaap (2 748) en Gauteng (2 993). KwaZulu-Natal het 1 882 gevalle, die Vrystaat 208, Limpopo 132, Mpumalanga 102 en die Noord-Kaap 109. 

25 Mei 21:26:04

JONGSTE SYFERS IN SA

25 Mei 20:50:44

Afrika se vinnige reaksie op Covid-19 het ander 'verras'

Afrika se vinnige en verenigde mobilisasie om die koronavirus-pandemie te beperk het as 'n verrassing gekom vir diegene ''wat altyd die kontinent verkleineer'', het Moussa Faki Mahamat, voorsitter van die Afrika-Unie-kommissie, Maandag op die viering van Afrikadag gesê.

Faki het lidlande van die Afrika Unie (AU) geprys vir die gepaste maatreëls - in ooreenstemming met die kontinent se strategie - wat met die uitbreek van die pandemie geneem is. Hy het gesê die feit dat Afrika homself gemobiliseer het, het diegene verras ''wat altyd die kontinent verkleineer''. 

'' 'n Kontinentale aksieplan is ontwikkel en vinnig uitgevoer," het hy gesê. 


25 Mei 20:23:51

WGO-man oor oor 'tweede golf van infeksies'

Lande waar koronavirusinfeksies besig is om af te neem, kan 'n "onmiddellike tweede piek" ervaar as inperkingsmaatreëls te vinnig verslap word, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) Maandagaand gesê.

Die wêreld is nog in die eerste fase van die koronavirusuitbreking, het dr. Mike Ryan van die WGO Maandagaand op 'n aanlyn nuuskonferensie gesê.

Hy het bygevoeg terwyl die infeksiekoers in baie lande afneem, is dit in lande in Sentraal- en Suid-Amerika, Suid-Asië en Afrika aan die toeneem. 

Ryan sê epidemies kom dikwels in golwe, maar dit beteken dat uitbrekings weer later vanjaar kan voorkom in lande waar die eerste golf reeds gewyk het. Daar is ook 'n kans dat die infeksiekoers blitsig kan styg as maatreëls om die eerste golf te vertraag, te vinnig verslap word.

"Wanneer ons oor 'n tweede golf praat, verwys ons gewoonlik na die eerste golf as die siekte opsigself, en dan 'n herhaling van die siekte 'n paar maande later. Dít kan oor 'n paar maande 'n werklikheid in vele lande word," het Ryan gesê. 

"Ons moet net altyd bewus wees van die feit dat die siekte enige tyd kan 'spring'. Ons kan nie aanneem die infeksies sal aanhou daal net omdat dit begin afneem nie ... ons het 'n paar maande om gereed te maak vir 'n tweede golf. Ons kan 'n tweede piek in dié tweede golf kry." - Reuters

25 Mei 20:03:59


Meer oor:  Koronavirus  |  Virus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.