Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 61: SA amper by 25 000-kerf

DAG 61 van die nasionale staat van inperking

In 'n neutedop 

  • Plekke van aanbidding mag onder vlak 3 van die nasionale staat van inperking oopmaak onder streng voorwaardes, het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdagaand aangekondig. 
  • 'n Nasionale biddag word op 31 Mei gehou. 
26 mei, covid-19


26 Mei 22:20:02

26 Mei 22:12:51

Toetsdata in SA 

605 991 toetse is al tot op datum gedoen, waarvan 9 214 toetse die afgelope 24 uur. 

299 050 of 49% van toetse is in die privaatsektor gedoen en 306 941 of 51% van toetse in die openbare sektor. 

26 Mei 22:10:48

Die bevestigde Covid-19-gevalle per provinsie:

Oos-Kaap | 2 864

Vrystaat | 206

Gauteng | 3 043

KZN | 1 927

Limpopo | 132 

Mpumalanga | 103

Noordwes | 115 

Noord-Kaap | 45

Wes-Kaap | 15 829

26 Mei 22:08:16

26 Mei 22:06:37

JONGSTE SYFERS IN SA

Bevestigde gevalle: 24 264; 12 741 kon al herstel

Sterftesyfer: Nog 43 sterftes bring die dodetal nou op 524 te staan 

26 Mei 22:00:51

26 Mei 21:49:40

WVF: Covid-19-eise vir Mei nou oop

Ondernemings wat weens die Covid-19-inperking nie hul werknemers ten volle kan betaal nie, kan van Woensdag aansoek doen vir Mei se Covid19Ters-betalings.

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) het binne die eerste vyf weke R15 miljard aan meer as drie miljoen werknemers uitbetaal ingevolge dié tydelike verligtingskema.

Klik hier om die volledige berig te lees.
26 Mei 21:47:45

Agterstand in toetse ‘kortwiek stryd teen Covid19’

Die Wes-Kaap het ’n agterstand van sowat 18 000 toetsuitslae van mense wat vir die koronavirus getoets is.

Mireille Wenger, DA-hoofsweep en voorsitter van die Wes-Kaapse regering se ad hoc-komitee oor Covid-19, het Dinsdag in die nasionale parlement gevra dat dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, dringend help om hierdie agterstand uit te wis.

Klik hier om die volledige berig te lees.
26 Mei 21:47:02

President se goeie nuus vir kerke

Kerke mag van 1 Junie onder streng voorwaardes heropen, het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdagaand bekend gemaak. Nie meer as 50 mense sal egter kerkdienste kan bywoon nie, het Ramaphosa in ’n boodskap op radio en televisie gesê. Hy het ook ’n nasionale biddag Sondag (31 Mei) teen die Covid-19-pandemie waarvoor geloofsleiers gevra het, verwelkom.

Klik hier vir die volledige berig.
26 Mei 21:46:22

‘Ja, sekere areas bly dalk op 4’

Inwoners van die Tshwane-, Johannesburg- en Ekurhuleni-metroraad kan tegnies gesproke Maandag nog hoor dat hulle nog langer onder vlak 4 van inperking gebuk moet gaan terwyl die res van die land na vlak 3 oorbeweeg. So ook onder meer inwoners van die Kaapstad-, eThekwini-, Nelson Mandelabaai- en Buffalo City-metro’s, wat almal as brandpunte geïdentifiseer is te midde van die Covid-19-pandemie

Klik hier vir die volledige berig.
Meer oor:  Vlak 3  |  Inperking  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.