Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 62: SA steek 25 000-kerf verby met nóg 1 673 infeksies

Dit is dag 62 van die nasionale staat van inperking.

Die 3 moet-lees-stories vandag:

1. Regering se ‘kommunikasie-flaters’ betreur

Die regering “is nie in ’n hoek gedryf” deur godsdienstige leiers oor eise om plekke van aanbidding oop te maak onder vlak 3 van die inperkingsregulasies nie. Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het Woensdag op ’n mediakonferensie die redes uiteengesit waarom twee belangrike aankondigings oor die direktiewe vir vlak 3 van die inperkingsregulasies, uitgestel is.

2. SA kan nooit werklik gereed wees vir virus – kenners

Hoewel die regering sy bes gedoen het om die gesondheidstelsel sedert die begin van die staat van inperking vir Covid-19 voor te berei, sal Suid-Afrika nooit werklik gereed wees nie, sê mediese kenners.

3. Kerk dalk nie net beperk tot Sondae

Lidmate van Christelike kerke sal eersdaags dalk in die week eredienste moet bywoon. Kerke het Woensdag aan Netwerk24 gesê dat hulle alles sal doen om soveel moontlik lidmate onder die huidige regulasies te akkommodeer – soos om dienste nie tot Sondae te beperk nie.

27 mei, covid-19
27 Mei 22:20:24

TOETSE

Amper 30 000 meer toetse is sedert Dinsdag se verslag uitgevoer. 

27 Mei 22:18:56

PROVINSIAAL

Die Wes-Kaap is steeds die provinsie met die hoogste dodetal - 391. 

27 Mei 22:15:21

Sterftesyfer

Die dodetal was teen Woensdagaand 552, 28 meer as Dinsdagaand se syfers.

295 van die sterfgevalle was mans (52,3%) en 259 (46,7%) vroue.

2 sterfgevalle was onder die ouderdom van 9, 1 tussen die ouderdomme van 10-19 en 4 in die ouderdomsgroep 20-29. 

27 Mei 22:10:31

Herstelkoers

13 451 mense kon al van die virussiekte herstel en volgens 'n verklaring van dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, is dit 'n herstelkoers van 52%.

27 Mei 22:08:58

27 Mei 22:08:28

Nóg 1 673 nuwe infeksies het Suid-Afrika se bevestigde infeksies Woensdagaand verby die 25 000-kerf gedruk tot 25 937. 

27 Mei 21:57:29

Meer as duisend in mediese bedryf is siek

Meer as ’n duisend dokters, verpleërs en ander werkers in die Wes-Kaapse openbare gesondheidsektor het al die koronavirus opgedoen. Ses van hulle het gesterf, het die provinsie se departement van gesondheid Woensdag bekend gemaak. Dit is drie verpleegsters, twee skoonmakers en ’n portier.

Klik hier om die volledige berig te lees.
27 Mei 21:55:36

27 Mei 21:54:14

SYFERS WÊRELDWYD:

5,6 miljoen bevestigde gevalle

Lande met die grootste getal bevestigde gevalle:

• 1 689 145 | Amerika

• 391 222 | Brasilië

• 268 615 | Brittanje

• 236 259 | Spanje

• 231 139 | Italië

Lande met die meeste sterftes:

• 99 684 | Amerika

• 37 542 | Brittanje

• 33 072 | Italië

• 28 533 | Frankryk

• 27 117 | Spanje

- Data: Johns Hopkins-Universiteit

Klik hier vir die data.
27 Mei 21:41:41

Meer oor:  Koronavirus  |  Pandemie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.