Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 63: 'Jy moet alleen drink'

Dit is dag 63 van die nasionale staat van inperking.


Die ministers in die groepering vir veiligheid en sekuriteit maak hul gereedheid vir vlak 3 op 'n nuuskonferensie bekend. Volg die stroom hier:

Wat jy nou moet weet:

Drankverkope in vlak 3 net op hierdie dae

4 dae voor vlak 3: Wat jy nou wil weet

Goeie nuus vir atlete: oefenvelde weer oop

Aanlyn-drankwinkels ook naweke 'toe'

Terug werk toe: dit is die reëls

Volg die dekking regstreeks hier:

28 Mei 21:57:24

Die moets en moenies van vlak 3 wat van Maandag af geld:

28 Mei 20:26:12

Engelse mag van Maandag af buite kuier met familie en vriende

Inperkingsregulasies in vir die grootste deel van Brittanje se bevolking word van Maandag af verslap, het premier Boris Johnson Donderdag bekend gemaak.

In Engeland mag tot ses mense mekaar buite hul huise ontmoet en skole sal stuk-stuk heropen.

"Die veranderinge beteken dat familie en vriende weer hul geliefdes kan ontmoet, dalk albei ouers of ouma en oupa tegelykertyd sien," het Johnson gesê.

Jy mag jou familie in 'n tuin ontmoet, jy mag selfs braai, mits jy sosiale afstand handhaaf, almal hul hande was en almal goeie oordeel aan die dag dag lê, het hy gesê.

Motor-uitstalruimtes en buitelug-handelaars mag ook weer van Maandag af sake doen.

Die afgewentelde regerings van Skotland, Wallis en Noord-Ierland is verantwoordelik vir hul eie openbare gesondheidsbeleid. - Reuters

28 Mei 18:38:29

Cele antwoord. Hy was vroeg vanoggend in KZN. Ons neem dit baie ernstig op. Die voorsitter van die interministeriële raad oor politieke moorde het met die minister van verdediging gepraat om te sê dat ons nie moet toelaat dat politieke moorde in KZN gepleeg word soos dit destyds gedy het nie. Ons ondersoek dit. Daar is verskeie scenario's. Maar ons spanne daar wat met politieke moorde werk, ondersoek dit. Ons wil net sê dat meer as 100 mense in KZN al weens politieke moorde in hegtenis geneem is. 

Mthembu bedank die ministers. Hy sê een van die pligte van die regering is om mense van die land ingelig te hou oor wat hulle doen. Dit is die doel van die nuuskonferensies. Môre-oggend om 10:00 sal die maatskaplike groepering 'n nuuskonferensie hou en omstreeks 14:00 die ekonomiese groepering. 

Dit is die einde van die nuuskonferensie.

28 Mei 18:34:27

Jy kan trou, maar mag nie 'n opskop hou

Motsoaledi sê daar is verlede week 'n verklaring uitgereik oor die kategorieë mense wat die land kan verlaat. 

Dit is mense wat oorsee werk, studeer of wat permanente burgerskap in ander lande gekry het. Ook mense wat by hul families wil gaan aansluit. 

En laastens mense wat vir mediese behandeling in ander lande gaan. Hulle het van 20 Mei al vertrek. 6 742 mense het die land sedertdien verlaat. Sowat 688 per vliegtuig, 6 051 per land en drie het die land op 'n boot verlaat.

Oor die kwessie van trou.

Ons laat nie huweliksplegtighede toe nie. Maar 'n mens kan by die departement van binnelandse sake trou.

Net die twee mense wat trou en twee getuies wat dit bywoon, mag dit bywoon. As predikante mense in hul kantore trou, mag net die twee wat trou en twee getuies toegelaat word.

Geen trougeselligheid nie. En daar moet afsprake gemaak word. Jy kan nie net opdaag en sê jy wil trou nie. Nie almal by binnelandse sake kan huwelike bevestig nie.

Dit moet vooraf gereël word.

28 Mei 18:27:42

Nóg riglyne vir soldate

Volgens Mapisa-Nqakula sê hulle aan soldate om in die tye van die pandemie nie hul eie padblokkades te hou of voertuie of mense te deursoek nie. 

Ons sê hulle moenie mense in hegtenis neem nie omdat ons in hierdie tye net die polisie moet ondersteun. 

As soldate egter 'n gewapende rooftog sien, sê ons hulle moet versterkings vra, die toneel veilig hou en oortreders in hegtenis neem. Hulle kan dit nie ignoreer nie.

As hulle 'n transito-rooftog sien, moet hulle bel vir versterkings en as dit nodig is moet hulle geweld, selfs dodelike geweld, gebruik om hulself te beskerm. 

In gevalle van geslagsgeweld sê ons hulle moet saamwerk met ondersoekers en die polisie ontbied. Soldate moet nie sulke voorvalle nie ignoreer nie.

Daar is baie van die voorskrifte, maar ek het die kritiek gelees. Ek dink dit is al wat geopper is.

Baie dankie.

28 Mei 18:24:21

'Soldate moenie met die publiek baklei of hulle skiet'

Mapisa-Nqakula sê sy neem aan die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe het ook 'n gedragskode. 

Ons het ons riglyne gepubliseer soos die hof beveel het. Ons sê daarin onder meer dat soldate in gevalle van plundering die inherente reg het om hulself te verdedig. 

Dit lui ook dat hulle nie mense moet skiet tensy dit uit selfverdediging is nie. Dit sê ook as 'n soldaat iemand op sy eiendom sien drink, moet hulle dit ignoreer. 

Hulle mag niemand se eiendom betree nie. Hulle moet net voortgaan met hul patrollies. 

Mapisa-Nqakula sê daar is geen rede waarom lede van die publiek soldate moet uitlok nie. Ons sê soldate moet sulke mense ignoreer.

Ons sê ook dat hulle nie met die publiek moet baklei of op hulle moet skiet nie. Ignoreer hulle.

28 Mei 18:21:09

'G'n gesoenery by kerke'

Oor kerke sê Cele die klokreël is opgehef. Hy sê vir kerke is daar egter streng gesondheidsmaatreëls wat in plek moet wees. 

Ek weet die goeie kerkmense hou van omhels. Omhelsing en ek wil nie sê soen nie, sal nie toegelaat word nie. 'n Gesoenery ook nie. 

Maskers moet gedra word.

As mense kerk toe gaan, moet almal betyds wees. Ons hoop om baie goed saam te werk met kerke en drankhandelaars. Help ons asb om ons werk te kan doen.

28 Mei 18:18:06

'Jy moet alleen drink'

Cele: Alkohol sal van Maandag tot Donderdag tussen 09:00 en 17:00 verkoop word. Vrydae, Saterdae, Sondae en op openbare vakansiedae sal dit nie verkoop word nie. Dit sal nie eens op daardie dae deur e-handelwinkels verkoop word nie. 

Alkohol mag nie op Vrydag, Saterdag en Sondag vervoer word nie. Diegene wat dit aanlyn bestel, sal dit net in die vier toegelate dae kan doen.

Alle gelisensieerde plekke kan alkohol op wegneembasis verkoop. 

Mense moet nie in die versoeking gebring word om dit buite die toegelate ure te verkoop nie. Ná 17:00 sal geen drank verkoop word nie. 

Byeenkomste word steeds nie toegelaat nie. So jy moet alleen drink.

Jy kan nie jou vriende of oom oornooi om te kom drink nie. Die polisie moet ferm wees.

28 Mei 18:13:21

Mapisa-Nqakula sê die howe het opdrag gegee oor wat wetstoepassers kan doen en nie kan doen nie. 

Dit is egter vir my belangrik om een ding op te klaar: Dit is dat die weermag 'n gedragskode vir soldate het. Sy lees nou daaruit voor.

28 Mei 18:11:02

Jy moet sê waar jy sigarette gekoop het

Oor sigarette sê hy meer vrae word hieroor as oor die verkoop van drank gevra.

Die verkoop van sigarette word verbied, so jy kan dit nie koop nie.

Jy kan nie iets koop wat verbied word nie. Ek het die baie ontledings gesien nadat ek laas keer die vraag geantwoord het. 

Wat ek gesê het, is dat die polisie die reg het om die kwitansie te sien van waar jy die sigarette gekoop het. 

Dit sal ons help om te sien wie dit verkoop.  As jy by die huis rook, het ons nie probleme daarmee nie. 

Maar wees voorbereid daarop om vir die polisie te sê waar jy dit gekoop het. As jy dit nie doen nie, tree ons op teen sowel die koper as die verkoper.

Meer oor:  Vlak 3  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.