Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 65: Nóg 32 in SA dood aan virussiekte

Dit is dag 65 van die nasionale staat van inperking.

Dit is dag 65 van die inperking en die land is steeds op vlak 4 vir die res van die naweek voordat oorgeskuif gaan word na vlak 3 toe op 1 Junie.

Op vandag se agenda:

Vroeër: Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, het om 10:00 die nasie ingelig oor verwikkelinge rondom sport en kuns.

Vroeër: Fikile Mbalula, minister van vervoer, het om 14:00 meer besonderhede oor vervoer en lugdienste gegee.

Volg die stroom hier:


18:00: Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, het om 18:00 oor toerisme op vlak 3 van die inperking gepraat.

So lyk die jongste statistiek in Suid-Afrika:

Volg die jongste verwikkelinge soos wat dit ontvou:

30 Mei 20:42:53

Sterftes

Die Covid-19-dodetal in Suid-Afrika het Saterdag op 643 gestaan en die meeste van dié mense – 465 – is in die Wes-Kaap dood.

Die sterftesyfer vir die res van die provinsies is as volg:

Oos-Kaap: 82

Vrystaat: 8

Gauteng: 31

KwaZulu-Natal: 52

Limpopo: 3

Mpumalanga: 0

Noordwes: 1

Noord-Kaap: 1  

30 Mei 20:34:35

Die bevestigde getal infeksies per provinsie is as volg:

Oos-Kaap: 3 759

Vrystaat: 261

Gauteng: 3 773

KwaZulu-Natal: 2 476

Limpopo: 173

Mpumalanga: 113

Noordwes: 162

Noord-Kaap: 57

Wes-Kaap: 20 160

Onbekend: 33

30 Mei 20:28:20

Nóg 32 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Saterdagaand bekend gemaak.

Dit bring die dodetal in Suid-Afrika op 643 te staan.

Teen Saterdag het 30 967 mense positief getoets vir die virus. Dit verteenwoordig 'n toename van 1 727 nuwe gevalle in die afgelope 24 uur.

30 Mei 18:29:44

Kubayi-Ngubane sê daar word verwag dat die toerisme-sektor eers teen Desember sal herstel.

Plaaslike toerisme sal eers toegelaat word en internasionale besoekers sal heel laaste weer verwelkom word.

Die mediakonferensie is afgehandel.

30 Mei 18:24:21

Jagbedryf word oopgestel

Volgens Kubayi-Ngubane moet diensverskaffers in die toerisme-sektor seker maak dat werknemers en toeriste ontsmetmiddels kry wanneer dié sektor oopgestel word.

Sy sê toerisme ondersteun ook ander sektore, en die volgende bedrywe mag weer werk:

* Restaurants wat vir beperkte dienste oopgestel word soos aflewering en kos wat afgehaal kan word; 

* Restaurants met dranklisensies wat alkohol mag verkoop vir gebruik weg van die perseel af;

Kubayi-Ngubane sê verdere voorstelle vir die verandering van die regulasies word voorberei sodat mense in plekke kan sit en alkohol drink.

* Openbare en private wildreservate is oopgestel as mense self bestuur.

Groepe word nie toegelaat nie. Dit is slegs vir mense in hul eie provinsies.

* Mense mag nie in groepe staproetes aanpak nie, maar wel op hul eie.

* Hotelle en ander plekke van verblyf word oopgestel, maar slegs vir mense wat vir sakedoeleindes daar bly en nie vir mense wat vir hul eie ontspanning daar bly nie. Almal se besonderhede moet deeglik aangeteken word.

* Mense mag jag. Dit bied inkomste van R2 miljard en dit is belangrik dat dit oopgestel word.

* Casino's bly gesluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.