Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 66: SA infeksiesyfer 32 683; herstelkoers van 51,4%

Dit is dag 66 van die nasionale staat van inperking.

covid-19, 31 mei


31 Mei 22:29:43

Groot verwarring rondom skole se heropening

Die departement van basiese onderwys het Sondagaand bekend gemaak dat skole eers op 8 Junie sal heropen, en nie reeds Maandag soos vroeër in die Staatskoerant. afgekondig is nie.

Klik hier vir die volledige berig.
31 Mei 20:50:46

31 Mei 20:41:06

Jongste syfers in Suid-Afrika

Daar is nou 32 683 kumulatiewe gevalle van Covid-19 in die land. 16 809 kon al van die virus herstel, 'n herstelkoers van 51,4%, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Sondagaand in 'n verklaring bekend gemaak.

40 meer sterftes bring die sterftesyfer in Suid-Afrika nou op 683 te staan.

Die Wes-Kaap het steeds die meeste infeksies in die land (21 3820, asook die hoogste sterftesyfer (503).

31 Mei 20:09:59

31 Mei 20:00:08

31 Mei 19:38:02

31 Mei 19:31:03

Gr. 7 en G12-leerling gaan op 8 Junie terug skool toe

Gr.7- en gr. 12-leering moet op 8 Junie teruggaan skool toe, het Elijah Mhlanga, onderwyswoordvoerder, Sondagaand in 'n verklaring gesê.

31 Mei 19:14:48

31 Mei 19:11:59

Wes-Kaapse skole se deure wel oop

Skole in die Wes-Kaap sal Maandag hul deure heropen, het die departement van onderwys in die Wes-Kaap Sondagaand in 'n verklaring gesê.

Die departement sê gegewe die feit dat Angie Motsekga, minister van basiese onderwys, nie Sondagaand soos verwag meer duidelikheid oor die heropening van skole gegee het nie, kan Wes-Kaapse skole nie meer toelaat dat skole in 'n staat van onsekerheid leef nie.

Skoolhoofde en personeel het volgens die WKOD onverpoos gewerk om alle gesondheid- en veiligheidsmaatreëls in te stel. 

31 Mei 19:04:15

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.