Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 67: Mkhize sê SA het nou 34 357 positiewe gevalle

Vlak 3 | Dag 67 

covid 19, 1 junie

Die 3 moet-lees-stories vandag

1. Angie sê jammer, skole heropen eers op 8 Junie 

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Maandagoggend op ’n mediakonferensie in Rustenburg, Noordwes, herhaaldelik om verskoning gevra omdat leerlinge eers volgende Maandag sal kan terugkeer skool toe. 

Drie verslae wat sy Saterdag ontvang het, dui daarop dat al die provinsies nie op dieselfde gereedheidsvlak is om die heropening van die skole Maandag moontlik te maak nie. Dit is omdat die kinders, onderwysers en ander personeel se veiligheid 'n voorkeursaak is en nie toegelaat kan word dat die Covid-19-pandemie versprei nie.

2.  Matrieks: Geen eksamen in Junie, net in Desember

Matriekleerlinge sal nie meer hul Junie-eksamen skryf nie, maar slegs die eindeksamen in Desember, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Maandagoggend gesê.

3. Hy verstaan ouers se kommer oor kinders, sê Cyril

Daar behoort deursigtigheid te wees oor die vlak van gereedheid van elke skool voordat dit heropen, sê pres. Cyril Ramaphosa in sy jongste nuusbrief wat Maandag verskyn het. Hy sê die regering is dit eens met ouers, onderwysers en skoolbeheerliggame dat geen skool moet heropen voordat alle moontlike voorsorgsmaatreëls getref is nie.

01 Jun. 21:46:07

WGO-hoof loof Amerika se bydrae

Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Maandag Amerika se "groot" en "ruim" bydrae tot dié organisasie geloof in 'n poging om betrekkinge met Amerika te herstel.

Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus het tydens 'n aanlyn nuuskonferensie gesê hy hoop die WGO kan sy langdurige samewerking met Amerika voortsit.

Trump beskuldig die WGO daarvan dat hy te China-sentries is en nie opgetree het teen China se aanvanklike geheimsinnige reaksie op die uitbreking van die koronavirus nie. 

"Amerika se bydrae en ruimhartige bydrae tot globale gesondheid oor vele dekades was enorm en het 'n groot verskil gemaak in die openbare gesondheidsektor wêreldwyd," het Ghebreyesus gesê. 

Volgens Ghebreyesus het hy nog geen formele kommunikasie van die Amerikaanse regering ontvang nie. Hy het nog net van Trump se besluit deur die media verneem. Hy het ook geweier om enige verdere vrae oor Amerika se houding jeens die WGO te beantwoord. 

China het in reaksie op Amerika se beplande verbreking van bande met die WGO gesê Trump se besluit is selfsugtig en dat die Amerikaanse regering daaraan "verslaaf'' is om uit internasionale liggame te bedank en aan verdrae te onttrek. – Reuters 


01 Jun. 21:17:21

Covid-19: Sanparke moet veilig gemaak word

Geen personeellid van Sanparke is tot dusver positief vir die koronavirus getoets nie. “Slegs noodsaaklike personeel is tydens die staat van inperking by nasionale parke aan diens,” het Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, bosbou en visserye, Maandag gesê.

Klik hier om die volledige berig te lees.
01 Jun. 21:16:38

Mkhize nooi dié terug wat afgetree het

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het ’n beroep op afgetrede gesondheidsorgwerkers gedoen om terug te keer werk toe om met Covid-19 te help.

Hy het Maandag as deel van ’n oorsigbesoek aan die Wes-Kaap op ’n mediakonferensie in Brackenfell gesê daar is ’n landwye tekort aan verpleegsters. “Die Wes-Kaap het reeds advertensies geplaas dat verpleegsters aansoek kan doen. Daar is nie ’n beperkinge op hoeveel in diens gestel sal word nie.” 

Klik hier om die volledige berig te lees.
01 Jun. 21:15:44

MRK sê WKOD moenie nou lesse hervat

Die Menseregtekommissie het die Wes-Kaap se onderwysdepartement (WKOD) gevra om teen Dinsdag 14:00 te bevestig dat geen akademiese aktiwiteite dié week sal plaasvind by skole wat Maandag heropen het nie, totdat die riglyne oor skole se heropening in die Staatskoerant gewysig is.

Klik hier om die volledige berig te lees.
01 Jun. 21:14:39

Sportregulasies vang Mthethwa-hulle onkant

Die vlak 3-inperkingsmaatreëls ingevolge waarvan slegs professionele atlete weer sport mag beoefen, het die departement van sport, kuns en kultuur verlede week heeltemal onkant gevang en hy probeer sedertdien alles in sy vermoë om die woord “professioneel” te herdefinieer.

Klik hier om die volledige berig te lees.
01 Jun. 18:24:11

01 Jun. 17:50:08

Emirates hoop om oor 'n jaar weer alle roetes te hervat 

Dit kan tot vier jaar vir die lugdiens Emirates neem om weer al sy vlugroetes  ná die Covid-19-pandemie te hervat. 

Emirates se uittredende president, Tim Clark, het Maandag in 'n webonderhoud met die lugdienskonsultant John Strickland gesê hy is van mening dinge sal teen 2022-'23, 2023-'24 ''op 'n manier weer normaal" wees en dat Emirates dan weer sy netwerk van vlugte sal kan hervat. 

Emirates, met sy hoofkantoor in Dubai, het voor die uitbreking van die pandemie na 157 bestemmings in 83 lande gevlieg. Emirates-passasiersvlugte is in Maart gestaak en 'n beperkte diens word bedryf. –  Reuters 


01 Jun. 17:24:15

Remdesivir toon gemengde welslae

Die antivirale middel Remdesivir toon gemengde welslae in toetse, het die vervaardiger, Gilead Sciences Inc, Maandag gesê. 

Pasiënte wat die middel vir vyf dae geneem het, het statisties beduidende vordering getoon, terwyl pasiënte wat die middel tien dae geneem het, nie so goed gevaar het nie. 

Remdesivir, wat vantevore onsuksesvol was in die behandeling van die ebola-virus, is ontwerp om die meganisme waarmee sekere virusse –  ook die nuwe koronavirus –  hulself vermeerder en potensieel hul gasheer se immuniteitstelsel oorweldig, buite werking te stel. 

Die studie is gedoen om die doeltreffenheid en veiligheid van Remdesivir te bepaal wanneer dit oor 'n tydperk van vyf en tien dae aan pasiënte gegee word wat matige Covid-19-simptome het, in teenstelling met pasiënte wat slegs standaardbehandeling ontvang. –  Reuters, Foto: AP


Klik hier om die volledige berig te lees.
01 Jun. 17:05:47

01 Jun. 15:38:34

Mkhize sal môre in Ceres en die Paarl as deel van 'n oorsigbesoek wees. Die mediakonferensie verdaag.

Meer oor:  Vlak 3  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.