Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 68: Dodetal in SA 755 nadat nog 50 sterf

Dit is dag 68 en vlak 3 van die nasionale staat van inperking. 

Die 3  moet-lees-stories Dinsdag:

1. Vlak 3, 4 skend Grondwet; inperking se reëls bly eers geldig

Die regulasies van vlak 3 en 4 van die inperking is ongrondwetlik en ongeldig, maar bly nog van krag totdat nuwe regulasies dit vervang. So het prof. Koos Malan, ’n grondwetkenner aan die Universiteit van Pretoria, Dindagaand gesê ná die uitspraak van regter Norman Davis in die hooggeregshof in Pretoria. 

2. Private hospitale sal help as beddens min raak – Mkhize

Die regering sal teen Dinsdagaand onderhandelings met die private sektor oor pryse vir die gebruik van hospitaalbeddens finaliseer, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gesê.

3. Korona en komorbiditeite: Wat jy moet weet

Mense wat aan komorbiditeite of onderliggende siektes soos diabetes, asma, hart-, long- of niersiektes of selfs kanker ly, staan ’n groter kans as relatief “gesonde” mense om ernstig siek te word en selfs aan Covid-19 te sterf.

2 junie
02 Jun. 21:46:47

02 Jun. 21:46:33

Jongste syfers in Suid-Afrika

Nog 50 sterftes bring die dodetal in Suid-Afrika op 755 te staan, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Dinsdagaand aangekondig.

Daar is reeds 761 543 toetse in die land gedoen waarvan 18 792 die afgelope 24 uur uitgevoer is.

Die kumulatiewe getal bevestigde Covid-19-gevalle is tans 35 812.  

18 313 mense het al herstel. 

02 Jun. 19:08:18

02 Jun. 18:40:48

02 Jun. 18:38:36

Krieket en Covid-19: Spelers wag nog vir uitsluitsel

Die land se beroepskrieketspelers sal nog nie onmiddellik weer in die oefennette kan begin slyp nie.

Krieket Suid-Afrika (KSA) se Covid-19-stuurkomitee is besig om ’n plan op te stel vir die terugkeer tot die oefen- en speelveld, wat hy aan die departement van sport en ontspanning moet voorlê.

Klik hier om die volledige berig te lees.
02 Jun. 18:37:40

Covid-19: Verpleegster se ‘vrolike lag stil’ ná sy sterf

Sy het die vrolikste lag gehad, maar Covid-19 het dit vir altyd stilgemaak – en nou hang daar ’n doodse stilte in die huis. So het Lionel Jacobs, ’n paramedikus, Dinsdag gesê nadat sy vrou, Merle (42), ’n verpleegster van die Livingstone-hospitaal in Port Elizabeth, aan Covid-19 gesterf het.

Klik hier om die volledige berig te lees.
02 Jun. 18:36:53

Private hospitale sal help as beddens min raak – Mkhize

Die regering sal teen Dinsdagaand onderhandelings met die private sektor oor pryse vir die gebruik van hospitaalbeddens finaliseer, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gesê. Hy het Dinsdag op ’n besoek aan die Wes-Kaap op ’n mediakonferensie in die Paarl gesê dié ooreenkoms sal die las op die openbare gesondheidstelsel aansienlik verlig.

Klik hier om die volledige berig te lees.
02 Jun. 18:30:30

02 Jun. 18:19:18

Die grondwetkenner Pierre de Vos se reaksie op die hooggeregshof se uitspraak oor die maatreëls wat tydens die staat van inperking geld. 

02 Jun. 18:17:25

Die regulasies van die staat van inperking is ongrondwetlik en ongeldig, het die hooggeregshof in Pretoria Dinsdag bevind in die aansoek wat Reyno de Beer, die Liberty Fighters Network en die Hola Bon Renaissance-stigting teen dr. Nkosazana Dlamini-Zuma in haar hoedanigheid as minister van samewerkende regering en tradisionele sake ingedien het.

Phumla Williams, kabinetswoordvoerder, het Dinsdag in reaksie op die hofuitspraak gesê dat die regering kennis neem daarvan dat die hof die regulasies van vlak 4 en vlak 3 van die staat van inperking ongrondwetlik en ongeldig verklaar het.

“Die hof het sy verklaring van die ongeldigheid vir 14 dae opgeskort. Dit beteken dat die regulasies vir vlak 3 steeds geld.”

Volgens Williams het die hof Dlamini-Zuma opdrag gegee om die regulasies in konsultasie met die ander relevante ministers te hersien, te wysig en te herpubliseer.

“Die kabinet sal ’n verdere verklaring uitreik sodra dit die uitspraak bestudeer het,” sê Williams.

Meer oor:  Vlak 3  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.