Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 69: 78% van positiewe gevalle uit Wes-, Oos-Kaap

Dit is dag 69 en vlak 3 van die nasionale staat van inperking.

covid-19, 3 junie


03 Jun. 21:28:09

Jongste syfers in SA:

Daar is nou 37 525 kumulatiewe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika, het dr. Zweli Mkhize Woensdagaand bekend gemaak. 

Dieselfde patroon van verspreiding wat die infeksiekoers in die Wes-Kaap gekenmerk het, word nou in die Oos-Kaap bespeur - 78% van alle positiewe gevalle kom nou in die twee provinsies voor.

Die sterftesyfer het ook met 37 gestyg tot 792. Daar was sewe sterfgevalle in die Oos-Kaap, een in KwaZulu-Natal en 29 in die Wes-Kaap. 

03 Jun. 21:24:35

03 Jun. 21:14:35

JUST IN: The three main buildings of Cape Agulhas Municipality will be closed tomorrow for decontamination.

Posted by Theewaterskloof Gazette on Wednesday, 3 June 2020
03 Jun. 18:59:34

Hof sê Covid-19-pasiënte mag self plek van isolasie kies

Mense wat weens die Covid-19-virus in isolasie moet wees, kan nou kies waar hulle dit wil doen. Die hooggeregshof in Pretoria het Woensdag gelas dat iemand wat ’n bevestigde kliniese geval van die virus is of van wie ’n laboratoriumtoets positief is, net in bepaalde omstandighede gedwing word om na ’n isolasiegerief van die staat te gaan. Dit is wanneer hulle nie self kan isoleer nie, weier om te isoleer of regulasies ingevolge self-isolasie oortree.

Klik hier vir die volledige berig.
03 Jun. 18:58:24

03 Jun. 18:51:06

Toetse hervat met anti-malariamiddel

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gaan toetse met die anti-malariamiddel hidrochlorokien hervat vir moontlike gebruik teen die koronavirus, het dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, WGO-hoof, Woensdag gesê. 

Hy het op 'n aanlyn mediakonferensie ook gesê hy is bekommerd oor die uitbreek van die siekte in Sentraal- en Suid-Amerika, waar infeksies vinnig versprei. - Reuters 


03 Jun. 18:00:30

03 Jun. 17:56:36

7 kinders in Rooikruis-kinderhospitaalsaal vir Covid-19

Sewe kinders word tans in 'n spesiale Covid-19-saal in die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad behandel, berig News24. 

Die hospitaal het bevestig twee kinders met onderliggende mediese toestande is weens Covid-19 in die hospitaal dood. 

''Een was 'n 15-jarige en die ander 'n eenjarige," het dr. Heloise Buys, hoof van die pediatriese eenheid van die hospitaal, gesê.


Klik hier om die News24-berig te lees.
03 Jun. 16:07:31

Afrika ‘nie gereed om Covid-19-entstof te vervaardig’

Afrika is nog nie gereed vir die vervaardiging van ’n entstof teen Covid-19 nie.

Dit is volgens dr. Morena Makhoana, uitvoerende hoof van die Biovac Institute, wat in ’n virtuele sitting met die portefeuljekomitees oor hoër onderwys, asook wetenskap en tegnologie oor die uitdagings met die vervaardiging van entstowwe op die vasteland gepraat het.

- Lees die volledige berig hier.
Meer oor:  Koronavirus  |  Virus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.