Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 70: 3 267 infeksies in 24 uur; 54 sterftes in Wes-Kaap

Dit is dag 70 en vlak 3 van die nasionale staat van inperking.

Volg die jongste verwikkelinge hier.

4 junie, covid

04 Jun. 22:01:07

04 Jun. 21:26:28

Die jongste syfers in SA

3 267 nuwe Covid-19-gevalle is die afgelope 24 uur in Suid-Afrika aangemeld. Die getal kumulatiewe gevalle in die land is nou 40 792. 

Die dodetal het ook met 56 tot 848 gestyg: 54 van die sterftes was in die Wes-Kaap, 1 in KwaZulu-Natal en 1 in die Vrystaat.

21 311 mense het al van die virussiekte herstel. Die herstelkoers is 52,24%. 

04 Jun. 21:22:06

04 Jun. 20:58:36

Dodetal in Brittanje amper 40 000

Die dodetal in Brittanje het Donderdag met 176 tot 39 904 gestyg. - Reuters 


04 Jun. 20:52:52

Maskers ook nou verpligtend in Brittanje

Gesigmaskers sal van 15 Junie af verpligtend wees vir passasiers wat per bus, trein, vliegtuig of veerboot in Brittanje reis, het die Britse minister van vervoer, Grant Shapps, Donderdagaand gesê. - Reuters 


04 Jun. 19:03:41

Deurry-kliniek vir plooitjies en daai frons

Moeg vir daai frons op die voorkop en vir daai plooitjies om die oë?

In die Amerikaanse deelstaat Florida is dit gedurende die inperking weens die Covid-19-pandemie nie meer ’n probleem nie.  

Diegene wat nie sonder hul Botox-inspuitings tydens die inperking kan klaarkom nie, word nou by ’n deurry-kliniek in die Miami-rykmansbuurt Bal Harbour gehelp.

Hulle hoef boonop nie eens hul gesigsmaskers af te haal vir dié ontrimpeling  nie.  

Die behandeling wat sowat $600 kos, is die geesteskind van Michael Salzhauer, ’n plastiese chirurg bekend as “Dr. Miami” wat ook in ’n werklikheidsreeks op televisie te sien was. ­­- Reuters

04 Jun. 17:56:45

Spanje lig beperkings op sy grense met Frankryk en Portugal

Reyes Maroto, die Spaanse minister van toerisme, sê alle beperkings by grensposte met Frankryk en Portugal sal op 22 Junie opgehef word.

Die grense is middel-Maart gesluit toe 'n staat van inperking in die land afgekondig is. 

Spaanse burgers, werkers wat oorgrens-werk doen en vragmotorbestuurders kon egter steeds tussen die lande reis. 

04 Jun. 17:56:07

6,5 miljoen Covid-19-gevalle in die wêreld

Daar is reeds 6 530 067 Covid-19-gevalle wêreldwyd, volgens data van die Johns Hopkins-Universiteit.

386 392 sterftes is volgens die universiteit ook reeds aangemeld. 


04 Jun. 16:47:51

04 Jun. 16:37:20

Die nuuskonferensie is afgehandel.

Meer oor:  Koronavirus  |  Virus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.