Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 71: SA dodetal spring tot 908; 2 642 nuwe infeksies

Dit is dag 71 op vlak 3 van die nasionale staat van inperking.

Só lyk die jongste Covid-19-syfers wat Vrydagaand deur die departement van gesondheid uitgereik is:

Daar is 43 434 bevestigde gevalle waar Suid-Afrikaners die koronavirus opgedoen het met ’n rekordgetal van 60 mense wat die afgelope 24 uur daaraan gesterf het. In die afgelope 24 uur is 53 mense in die Wes-Kaap en 7 mense in Gauteng oorlede. Dit bring die totale sterfgevalle in die land op 908 te staan. Altesaam 23 088 mense het al herstel.

Die Wes-Kaap met 28 807 is steeds die provinsie met die meeste gevalle, gevolg deur die Oos-Kaap met 5 240, Gauteng met 5 215 en KwaZulu-Natal met 2 936.

covid-19., 5 junie
covid-19., 5 junie


05 Jun. 21:09:54

Jongste syfers in SA:

Daar is nou 43 434 bevestigde Covid-19-gevalle.

Die Wes-Kaap is steeds die provinsie met die meeste gevalle. 

05 Jun. 21:04:25

Sterftesyfer styg skerp in SA

Die sterftesyfer in Suid-Afrika het met ’n rekordgetal van 60 tot 908 gestyg.

In die afgelope 24 uur is 7 mense in Gauteng dood en 53 in die Wes-Kaap. 

05 Jun. 21:02:00

05 Jun. 20:37:09

Cyril is 'spyt' oor Collins Khosa se dood

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydagaand sy diepe spyt uitgespreek oor mense wat hul lewe tydens die staat van inperking aan die hand van die veiligheidsmagte verloor het.

Hy het ook 'n beroep op die weermag en polisie gedoen om die aantygings oor sulke vergrype te ondersoek.

"Ons sal alles moontlik doen om te verseker dat diegene wat hiervoor verantwoordelik is, vervolg word."

Die president het Vrydagaand op 'n aanlyn nuuskonferensie oor die ANC se veldtog teen rassisme gepraat. Die veldtog kom te midde van wêreldwye betogings oor die dood van 'n swart man, George Floyd, in Amerika aan die hand van die polisie.

Te midde van al die aandag wat daar tans op rassisme is, kan dié oomblik dalk 'n "keerpunt' wees, het die president gesê.

Collins Khosa is tydens 'n onderonsie met lede van die weermag en die Johannesburgse metropolisie dood. - News24

05 Jun. 20:23:15

05 Jun. 20:09:08

Vitamien K-tekort en Covid-19

'n Studie wat in 'n Nederlandse hospitaal gedoen is, wys 'n verband tussen 'n tekort aan vitamien K en Covid-19. Volgens die navorsing het pasiënte wat in die Canisius Wilhelmina-hospitaal in Nijmegen in die waakeenheid opgeneem is óf dood is, 'n tekort aan dié vitamien getoon. Spinasie, eiers en bloukaas bevat vitamien K. - The Guardian


Klik hier om die volledige berig te lees.
05 Jun. 20:01:33

05 Jun. 20:00:52

05 Jun. 19:30:15

Britse minister waarsku oor Floyd-betogings

Die Britse minister van gesondheid, Matt Hancock, het burgers versoek om te midde van die Covid-19-pandemie nie aan groot optogte soos dié die afgelope week teen rassisme, deel te neem nie.

Derduisende mense het Woensdag deur die Londense middestad gemarsjeer uit solidariteit met betogers in Amerika oor die dood van George Floyd, 'n swart man wat in Minneapolis aan die hand van die polisie dood is.

Nog betogings word die naweek in Londen verwag.

"Ek weet dat mense baie ontsteld is, maar ons word steeds deur 'n gesondheidskrisis in die gesig gestaar en die koronavirus is steeds 'n wesenlike bedreiging," het Hancock Vrydagaand op 'n aanlyn nuuskonferensie gesê. 

"Asseblief, vir jou en jou geliefdes se veiligheid, moenie groot openbare byeenkomste bywoon nie, dit sluit betogings in."

- Reuters, Foto: AP

05 Jun. 19:25:12

Uiteet in 'n borrel

Plastiek-silinders, glashuise en langsteel-opdienplanke? Hoe gaan die "nuwe normaal" in restaurante lyk as hulle weer hul deure mag oopmaak? In lande waar restaurante en kroeë stadig begin heropen nadat hulle lank weens die koronaviruspandemie gesluit was, word allerlei kreatiewe maniere ingespan om klante veilig te hou en 'n gesonde afstand te handhaaf.  

Meer oor:  Koronavirus  |  Virus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.