Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 72: SA dodetal spring tot 952; infeksies staan op 45 973

Dit is dag 72 en vlak 3 van die nasionale staat van inperking. Volg die jongste verwikkelinge hier.

Die jongste syfers in Suid-Afrika is as volg. 

06 Jun. 22:26:09

Getal Covid-19 verwante sterftes neem toe

Meer as 45 000 Suid-Afrikaners het tot nou toe positief getoets vir die nuwe koronavirus en 952 mense is reeds aan die virussiekte Covid-19 dood.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê in 'n verklaring 45 973 mense het teen Saterdag reeds positief getoets. 

Nog 44 mense is aan die virus dood wat die sterftesyfer op 952 te staan bring. Uit die 44 sterftes was 25 in die Wes-Kaap, sewe in Gauteng en ses in onderskeidelik KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. 

“Hoewel die getal Covid-19-verwante sterftes toeneem, bly Suid-Afrika se sterftesyfer luidens die verklaring steeds op 2%, wat minder is as die wêreldgemiddeld van 6%”. 

Die herstelkoers staan tans op 52,8% en 24 258 mense het reeds van die virus herstel. ’n Totaal van 850 871 toetse, waarvan 30 196 in die laaste 24 uur gedoen is, is al verwerk. 

06 Jun. 22:05:48

06 Jun. 22:01:03

06 Jun. 20:27:22

Angie Motshekga hou nuuskonferensie

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sal Sondag sê of skole gereed is om Maandag te heropen. Luidens ’n verklaring sal Motshekga om 16:00 saam met die provinsiale LUR’e vir onderwys, die media toespreek.

Leerlinge in gr. 7 en 12 is veronderstel om Maandag terug te keer skool toe.

06 Jun. 20:10:52

06 Jun. 20:07:50

06 Jun. 19:09:14

06 Jun. 18:14:33

11 071 aktiewe gevalle van Covid-19, 699 sterftes in Wes-Kaap

Op 6 Junie het die Wes-Kaap 11 071 aktiewe gevalle van Covid-19 gehad, en 'n totaal van 29 136 bevestigde gevalle. 17 366 mense het reeds herstel en 699 mense is dood aan die virussiekte.

Altesame 193 035 toetse is reeds gedoen. Daar is tans 1 082 mense in hospitale in die provinsie met 226 in hoësorgeenhede. So lui 'n verklaring wat pas deur die premier, Alan Winde, uitgereik is.

06 Jun. 17:45:23

06 Jun. 17:45:23

Meer oor:  Koronavirus  |  Pandemie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.