Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 95: Infeksies styg met 6 130 tot 144 264; sterftes met 73 tot 2 529

Dit is dag 95 van die nasionale staat van inperking. 

covid-19, 29 junie
covid-19, 29 junie

Volg die jongste verwikkelinge hier.

29 Jun. 22:08:57

Jongste syfers in SA

6 130 nuwe Covid-19-infeksies is die afgelope 24 uur aangemeld en bring die kumulatiewe totaal infeksies nou op 144 264 infeksies te staan. 

70 614 mense kon al van die virussiekte herstel.

Nóg 73 mense is aan Covid-19-verwante siektes dood. Die meeste sterftes was in die Wes-Kaap (43), gevolg deur 10 sterftes in die Oos-Kaap, 6 sterftes in onderskeidelik Gauteng en KwaZulu-Natal, 1 sterfte in Mpumalanga, 5 in Limpopo en 2 in Noordwes.

Tot dusver is 1 807 mense in die Wes-Kaap dood, 397 in die Oos-Kaap, 180 in Gauteng, 115 in KwaZulu-Natal, 10 in Limpopo, 7 in Noordwes, 9 in die Vrystaat en 1 in die Noord-Kaap. 

29 Jun. 21:59:09

29 Jun. 21:37:24

Covid-19: Húlle is beboet weens buitensporige pryse

Sowat 21 maatskappye is gesamentlik met meer as R13 miljoen beboet omdat hulle die pryse van hul produkte te midde van die staat van inperking buitensporig opgeblaas het.

Klik hier om die volledige berig te lees.
29 Jun. 21:36:41

Gauteng-getalle styg skerp; strenger regulasies oorweeg

Gautengers in hoërisikogroepe wat ernstig siek kan word weens die koronaviruspandemie, moet hulself weer onder vlak 5 van die staat van inperking plaas, meen ’n gesondheidskenner.

Lees meer hier.
29 Jun. 21:36:01
29 Jun. 20:57:53

29 Jun. 20:54:46

Nuwe regulasies in Staatskoerant gepubliseer

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, het Maandag die regulasies vir die heropening van restaurante, kitskoswinkels, koffiewinkels, lodges, bed-en-ontbyt-plekke, oorde, tyddeeleenhede, gastehuise, selfrit-uitstappies, casino's en konferensie-lokale vir vergaderings in die Staatskoerant gepubliseer.

Restaurante, kitskosplekke en koffiewinkels moet onder meer alle tafels en stoele wat voldoende spasie tussen klante kan belemmer, verwyder.

'n Afstand van minstens 1,5 m moet tussen mense  gehandhaaf word. Klante sal nie vir hulself kos van 'n buffet kan kies nie, maar moet voorafbespreekte kositems as deel van 'n buffet-diens gaan oplaai.

By hotelle, lodges, bed-en-ontbyt-plekke, tyddeeleenhede, oorde en gastehuise sal die gaste se toegangsleutels en toegangskaarte vir kamers en eenhede wanneer hulle uitgaan en aankom, ontsmet moet word.

Klik hier om die volledige maatreëls in die Staatskoerant te lees.
29 Jun. 20:44:41

29 Jun. 20:44:25

29 Jun. 20:43:57

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.