Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 95: Infeksies styg met 6 130 tot 144 264; sterftes met 73 tot 2 529

Dit is dag 95 van die nasionale staat van inperking. 

covid-19, 29 junie
covid-19, 29 junie

Volg die jongste verwikkelinge hier.

29 Jun. 20:43:45

29 Jun. 18:29:19

29 Jun. 18:23:55

Pandemie is nog ver van verby, sê WGO-man

Die Covid-19-pandemie is nog ver van verby, het dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Maandag op 'n aanlyn inligtingsessie gesê.

Die organisasie sal later vandeesweek 'n vergadering belê om die vordering op die gebied van navorsing in die stryd teen die pandemie te bespreek.

Mike Ryan van die WGO sê hoewel daar groot werk gedoen word om 'n veilige en doeltreffende entstof te vind, is daar geen waarborg van sukses nie.

Andrew Cuomo, goewerneur van die deelstaat New York, het pas die volgende twiet gedeel. 

29 Jun. 14:48:39

SA infeksies styg met meer as 110 000 in 'n maand 

 

Suid-Afrika het op 28 Mei net 27 403 koronavirusgevalle in die land aangemeld.  

 

Suid-Afrika het op 28 Junie aangemeld dat hy nou 138 134 gevalle van die virussiekte in die land het.  

 

Die Covid-19-infeksiesyfer het dus binne 'n maand met 110 731 nuwe gevalle gestyg. 

29 Jun. 14:30:05

So lyk die syfers in Limpopo

 

Teen Maandagmiddag is 956 gevalle in Limpopo aangemeld.

 

Luidens inligting van die provinsiale departement van gesondheid het 439 mense reeds herstel en is 512 mense steeds siek.

 

Vyf mense is aan Covid-19 dood.

 

In die afgelope 24 uur is 73 gevalle aangemeld. 

 

Die meeste (254) gevalle is in die Sekhukune-distrik aangemeld.

 

In die Capricorn-distrik is 213 en in die Waterberg-distrik 2015 gevalle aangemeld. In die Mopani-distrik is 154 gevalle aangeteken en die minste (106) gevalle in die Vhembe-distrik.

 

In Limpopo is daar tot dusver 29 617 Covid-19-toetse gedoen. – Marietie Louw-Carstens

29 Jun. 14:25:29

Meer as 4 000 nuwe gevalle in Mexiko

 

Mexiko se departement van gesondheid sê Mexiko se gevalle het binne 24 uur met 4 050 nuwe gevalle gestyg, terwyl 267 mense aan Covid-19 dood is. 

 

Mexiko het nou 216 852 bevestigde gevalle met 26 648 sterftes. –Reuters

29 Jun. 14:05:13

Duitsland styg met meer as 250

 

Die bevestigde Covid-19-gevalle het met 262 nuwe gevalle in Duitsland gestyg, sê die Robert Koch-instituut. 

 

Die dodetal het ook binne 24 uur met vier sterftes gestyg.

 

Duitsland het nou 194 898 bevestigde gevalle met 8 972 sterftes. –Reuters

29 Jun. 13:47:23

So lyk die stand van sake in Brasilië

 

Brasilië het meer as 30 000 nuwe Covid-19-gevalle binne 24 uur aangemeld. 

 

Die departement van gesondheid sê Brasilië het 30 476 nuwe Covid-19-gevalle met 552 sterftes binne 24 uur aangemeld.

  

Brasilië het nou 1,344,143 bevestigde gevalle met 57,622 sterftes. – Reuters

29 Jun. 13:30:19

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.