Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
DAG 96: 6 945 nuwe infeksies, 128 sterftes in 24 uur

Dit is dag 96 van die nasionale staat van inperking.

covid-19, 30 junie


30 Jun. 22:14:40

30 Jun. 22:13:54

Die styging in infeksies wat Dinsdag aangekondig is - 6 945 - is 'n kortkop agter die rekordgetal nuwe infeksies wat die afgelope Saterdag aangemeld is - 7 210. 

30 Jun. 22:12:34

Ouderdomme van afgestorwenes

26,1 persent van sterfgevalle is in die ouderdomsgroep 60-69, gevolg deur 23,8 persent in die ouderdomsgroep 50-59. 

30 Jun. 22:10:34

Sterftes per provinsie

Uit die 2 657 mense wat reeds hul lewe aan Covid-19-verwante siektes verloor het, kom 1 859 uit die Wes-Kaap. 

30 Jun. 22:08:51

So lyk die jongste infeksies per provinsies

Die Wes-Kaap het steeds die meeste infeksies (62 481), gevolg deur Gauteng (42 881) en dan die Oos-Kaap (27 686).

30 Jun. 22:02:22

30 Jun. 21:50:24

Jongste syfers in Suid-Afrika:

Infeksies het in die aanmeldingstydperk met 6 945  gestyg tot 151 209 , het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Dinsdagaand bekendgemaak.

128 sterftes is in die aanmeldingstyd aangemeld, 52 uit die Wes-Kaap, 36 uit Gauteng, 25 uit die Oos-Kaap, 11 uit KwaZulu-Natal en 4 uit Mpumalanga.  

30 Jun. 21:48:30

30 Jun. 20:18:31

30 Jun. 19:47:25

Fauci vrees infeksiesyfer kan verdubbel 

Dr. Anthony Fauci, voorste Amerikaanse kenner van aansteeklike siektes, sê die infeksiekoers in Amerika kan verdubbel as mense nie maskers dra en 'n gesonde afstand van mekaar handhaaf nie. Fauci het voor 'n komitee van die Amerikaanse Senaat getuig en gesê daar is geen waarborg dat 'n veilige en doeltreffende entstof gou gevind gaan word nie. Die infeksiekoers in Amerika styg daagliks met 40 000 - Fauci vrees dit kan tot 100 000 per dag styg.

Meer oor:  Vlak 3  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.