Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
COVID-OORSIG: Rekordgetal nuwe gevalle van 8 728

Dit is dag 98 van die nasionale staat van inperking. 

Hier volg die jongste verwikkelinge.

02 Jul. 23:04:41

02 Jul. 22:55:15

02 Jul. 22:54:56

'n Rekordgetal nuwe gevalle van 8 728 is aangemeld. 

Die Wes-Kaap is steeds die provinsie met die meeste aangemelde gevalle (65 841), Gauteng het 49 937 gevalle en die Oos-Kaap 30 603. 

02 Jul. 22:34:09

Jongste syfers in Suid-Afrika:

Kumulatiewe infeksies: 168 061

Sterftes:  2 844

Herstel: 81 999

02 Jul. 20:46:59

W-Kaap se piek glo ‘platter, langer en later as verwag’

Die hoogtepunt van die koronaviruspandemie in die Wes-Kaap gaan moontlik platter, langer en later as verwag wees nadat die regering se modelle met die jongste data bygewerk is.

Klik hier om die volledige storie te lees.
02 Jul. 20:46:16

Gauteng sal pleit vir strenger regulasies – Makhura

Die Gautengse provinsiale regering gaan by die nasionale regering pleit vir “strenger regulasies om die Covid-19-storm te oorleef”.

David Makhura, premier, het Donderdag op ’n mediakonferensie gesê gevalle van besmetting met die koronavirus sal begin Augustus 'n piek bereik, maar Julie “gaan reeds ’n baie moeilike maand wees”.

Klik hier om die volledige storie te lees.
02 Jul. 20:41:55

Dodetal in Brasilië steek 60 000-merk verby 

Meer as 60 000 is al in Brasilië dood aan die koronavirussiekte.

Meer as 1 000 mense is die afgelope 24 uur in die land dood, het die gesondheidsminister aangekondig. 

Die land het 1 476 884 bevestigde koronavirusgevalle, waarvan 916 147 al herstel het. 

02 Jul. 19:25:53

Reisigers na Switserland moet selfisoleer

Reisigers wat die vorige 14 dae in 29 lande, onder meer Amerika, Swede, Brasilië en Rusland deurgebring het, sal hulle eersdaags met hul aankoms in Switserland by die owerhede moet registreer en dan 10 dae in isolasie deurbring.

Dit is om te keer dat infeksies van die koronavirus weer in Switserland toeneem, berig Reuters. 

Switserland het volgens data van die Johns Hopkins-Universiteit 31 967 Covid-19-infeksies gehad en 1 965 sterftes.

Volgens data van corona-scanner.com is daar tans 802 mense in die land wat nog die virus onder lede het. 

02 Jul. 18:54:33

Bekende in verpleegkringe waarsku ná suster aan Covid-19 sterf

Mense moet besef dat Covid-19 lewensgevaarlik is. So sê Volene Werely, ’n bekende in verpleegkringe en administrateur van die Facebookgroep “Nurses Who Care” nadat haar suster, Charmaine Mufweba (66), aan Covid-19 dood is. Mufweba, ’n oudonderwyseres, is in die Netcare-Kuilsrivier-hospitaal behandel en Donderdag dood.

Lees die volledige berig hier.
02 Jul. 18:45:24

Meer oor:  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.