Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
‘Dagklinieke sal gewilder word’
Carl Bührmann, hoofbestuurder van die Mediclinic Bloemfontein, suster Angela Waring, bestuurder, dr. Johan Grobbelaar, oor-, neus- en keelspesialis, en dr. Muzi Mngumuzulu, ginekoloog, het die media on­langs ’n blik op die hospitaal se splinternuwe dagkliniek gegee.Foto: Maricelle Botha

Met 30 nuwe beddens, drie teaters en twee prosedurekamers hoop die splinternuwe dagkliniek van die Mediclinic Bloemfontein om ’n bietjie druk van sy ouboet te verlig wanneer hy op 15 Maart sy deure open.

Omdat die dagkliniek by die hoofhospitaal geleë is, sal ’n deel van die werk wat tans deur spesialiste in dié Medi­clinic gedoen word, na die dagkliniek oorskuif.

Carl Bührmann, hoofbestuurder van die Mediclinic Bloemfontein, meen dagklinieke gaan al hoe gewilder word. “Die kans is skraal dat Suid-Afrika in die nabye toekoms meer akute hospitale sal kry, hoewel daar soms ’n tekort aan beddens is. In Suid-Afrika, soos in die res van die wêreld, sal ons al hoe meer dagklinieke kry, juis omdat dit soveel doeltreffender en goedkoper is.”

Die dagkliniek is supermodern met van die jongste toerusting – soos die uroskoop, ’n eerste vir die land se sentrale streek. Die uroskoop word gebruik om op ’n unieke manier skanderings van die blaas te doen. Dis deel van die spesiaal toegeruste urologie-teater.

Sr. Angela Waring, bestuurder van die kliniek, sê omdat opnames van pasiënte wat vir dagprosedures by die kliniek aanmeld, self gedoen word, sal dit die opnameproses vaartbelyn maak.

“Dit sal ook die frustrasie vir pasiënte verlig omdat hulle nie so lank sal hoef te wag nie,” sê Waring.

Die kliniek het reeds ’n personeelkorps van 25 lede en beplan om vakante poste spoedig te vul.

Dr. Johan Grobbelaar, oor-, neus- en-keelspesialis, en dr. Muzi Mngumuzulu, ginekoloog, is twee van die dokters wat die dagkliniek vir prosedures sal gebruik en is baie opgewonde om die splinternuwe masjien te begin gebruik. – Maricelle Botha

Meer oor:  Gesondheid  |  Dokters  |  Hospitaal  |  Behandeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.