Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Dana Snyman ‘ruik nie eens Vicks’ ná hy Covid kry
Dana Snyman Foto: Adrian de Kock

Dis onwerklik, want ’n mens dink nie jy gaan dit kry nie.

So het die skrywer Dana Snyman, wat Covid-19 opgedoen het en in Yzerfontein aansterk, Woensdag gesê.

Snyman weet nie waar hy die virus opgedoen het nie.

“Ek dink ’n mens sal jouself mal maak as jy so daaraan begin dink.”

Hy sê ’n vriendin en haar seun het voor hom die virus opgedoen.

Dit is nou die vyfde dag dat hy siek is en hy drink “ ’n helse klomp goed”. Hy gebruik ook ’n meter om sy suurstofvlakke te meet.

Die siekte kom in vlae, het hy gesê. “Ek het dit relatief lig en is baie dankbaar. Ek glo nie ek sal hospitaal toe hoef te gaan nie.”

Hy het gesê hy het ’n rits simptome – van hoes tot hoofpyn. “Jy kry ook by tye baie koud en bewe.”

Mense help hom onder meer deur vir hom kos te bring.

’n Bejaarde buurman wou vir hom lemoene oor ’n muur aangee toe Snyman met ’n skok besef hy kan dit nie vat nie, “want ek kan nie naby hom kom en die siekte vir hom gee nie”.

Dit laat hom dink aan die melaatses in die Bybel van wie hy destyds in die Kinderkrans geleer het. “Nou weet ek ook ’n bietjie hoe dit voel.”

Volgens hom kan hy niks ruik nie, “selfs nie eens Vicks, wat my oorlede ma geglo het wêreldvrede sal bring nie”.

Nog ’n raat van sy ma wat hy nou beter verstaan, is om te stoom. “Nou doen ek dit ook.”

Hy raai mense aan om die inenting te kry en te sorg dat hulle mense het wat hulle kan help en om medisyne te kry.

Hy het ook Woensdag op Facebook bekend gemaak dat hy die virussiekte opgedoen het. Talle mense het met skok op sy Facebook-plasing gereageer en gesê hulle hoop hy is binnekort weer op die been.

Meer oor:  Dana Snyman  |  Covid-19  |  Delta
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.