Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
KYK: Danie Gerber en sy dogter glo hulle sal virus oorwin

Die oud-Springbokrugbyspeler Danie Gerber se dogter, Elanie, is positief dat sy en haar pa Covid-19 sal oorwin.

Elanie het ’n bemoedigende videoboodskap uitgestuur waarmee sy mense vir hul ondersteuning bedank en hulle aanmoedig om in dié tyd positief te bly.

Sy en haar pa is einde Maart albei positief getoets vir die virus.

Gerber se vrou, Elsabé, se toets was negatief. Hoewel sy tans in ’n aparte huis woon om nie aan die virus blootgestel te word nie, het sy onlangs simptome van die virus begin toon en sy is Maandagoggend weer getoets.

Danie Gerber en sy dogter, Elanie. Foto: Argief

Elanie sê hulle hoop die uitslae is negatief en dat haar ma se simptome slegs weens infeksie op haar bors is.

Elanie het mense gewaarsku dat elkeen se liggaam ander simptome vir die virus kan toon. Hoewel sy gehoop het dat sy teen die tyd beter sou voel, is sy steeds baie moeg, soveel so dat sy soms gevoel in haar bene verloor. Sy ervaar nog kopsere, naarheid en haar reuksintuig is aangetas.

Gerber is ook steeds baie moeg, maar sy eetlus het al verbeter, aangesien hy smag na ’n visbraai.

Elanie erken die virus laat mense op sommige dae aaklig voel, wat die emosies laat opvlam, en daarom is dit belangrik om positief te probeer bly.

“Ons doen heel goed. Ek gaan nie dat die virus my onderkry nie. Daar is nie ’n manier nie. God sê die heeltyd vir my die Heilige Gees is by my.

“Ek wil net vir almal sê die vrees wat daar is, is oukei. Jy moet net stil raak en besef wat belangrik is in die lewe. Ek glo ons gaan hierdeur kom.

“Bly sterk, bly positief en glo. Ons het geloof, daar is hoop,” sê Elanie.

Meer oor:  Danie Gerber  |  Dogter  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.