Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Deurry-toetssentrum vir Covid-19 open naweek in Kaap

Mense sal hulself binnekort by ’n nuwe deurry-sentrum in die V&A Waterfront in Kaapstad kan laat toets vir Covid-19.

Die nuwe toetssentrum, wat die Waterfront Saterdag saam met Dis-Chem bekend stel, sal mense in staat stel om op weeksdae getoets te word en ’n dag later die uitslag te kry.

’n Mens kan voor die tyd aanlyn bespreek (https://covidtesting.dischem.co.za/) en die uitslae behoort die volgende dag beskikbaar te wees. Dit sal per e-pos en SMS gekommunikeer word, lui ’n verklaring van die Waterfront.

“ ’n Sertifikaat moet self tuis of by die hotel gedruk word as mense dit wil gebruik vir reisdoeleindes. Alle uitslae word outomaties aan die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) deurgegee,” lui die verklaring.

Nasale monsters sal geneem word.

“Elke toets kos R850 en moet per krediet- of debietkaart betaal word. In dié stadium word dit nie deur mediese fondse gedek nie, omdat die verskaffers se reëls verskil. Mense wat die Waterfront besoek om die toets te laat doen, hoef nie parkeergeld te betaal nie,” lui die verklaring.

Om agterstande te keer word besoekers gevra om vooraf via Dis-Chem se webtuiste te registreer, maar toegang tot die perseel sal wel toegelaat word sonder ’n bespreking.

Dit is noodsaaklik vir ons en vir die ekonomie van ons stad dat ons kleinhandel-, gasvryheid- en ontspanningsdienste veilig hervat kan word.

Dis-Chem het tans sewe soortgelyke deurry-toetsstasies in die land.

Mense kan hulle van Maandag tot Vrydag tussen 09:00 en 16:00 laat toets en op Saterdae tussen 09:00 en 14:00. Verlengde ure en beskikbaarheid op Sondae word vir Desember beplan. Die toetssentrum is in Battery Park in die V&A-distrik, met ingange via Alfredstraat of Dockweg.

Die diens is beskikbaar vir volwassene en kinders van enige nasionaliteit, met die vereiste dat hulle ’n identiteitsdokument of paspoort moet wys. Almal moet ’n masker dra, behalwe as ’n monster geneem word.

Opgeleide verpleegkundiges sal die monsters neem en die uitslae word by die Nios-databasis gevoeg.

David Green, hoof van die V&A Waterfront, sê met dié gerief word dit makliker vir mense om getoets te word.

“Dit is noodsaaklik vir ons en vir die ekonomie van ons stad dat ons kleinhandel-, gasvryheid- en ontspanningsdienste veilig hervat kan word.”

Meer oor:  Koronavirus  |  V&A Waterfront  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.