Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Dié 13 goed moet jy weet oor Cyril se toespraak

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand verskeie maatreëls aangekondig om die verspreiding van die koronavirus in Suid-Afrika teen te werk. Hier is die 13 goed wat jy moet weet. 

1. ’n Nasionale ramptoestand word afgekondig ingevolge die rampbestuurswet.

2. Reisbeperkings geld na hoërisikolande vanaf 18 Maart 2020.

3. Suid-Afrikaners word aangeraai om nie na hoërisikolande te reis nie.

4. Byeenkomste van meer as honderd mense word verbied.

5. Groot byeenkoms en feesvierings word gekanselleer.

6. Die skole is gesluit van Woensdag 18 Maart tot ná die Paasnaweek.

7. Noue samewerking met universiteite, kolleges ensovoorts om higiëne en ander toepaslike maatreëls in te stel.

8. Maatskappye word gevra om maatreëls in te stel om higiënebeheer te verbeter.

9. Waarneming- en toetsstelsels word by hospitale versterk.

10. Samewerking met die private sektor om ’n stelsel te ontwikkel waarmee diegene wat deur die virus besmet is, nagespeur en gemonitor kan word.

11. ’n Beroep op almal om persoonlik te let op higiëne en mekaar met die elmboog te groet.

12. Staatspakkette om die ekonomiese impak van die virus te beperk.

13. Die sameroep van ’n nasionale opdraggewende raad onder voorsitterskap van die president wat drie keer per week bymekaar sal kom.


Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Suid-Afrika  |  Covid 19-Virus  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.