Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
3de vlaag: Dié provinsies bereik draaipunt

Met die hele land wat nou amptelik ’n derde vlaag van Covid-19-infeksies ondervind, meen kenners die Vrystaat en Noord-Kaap is besig om ’n draaipunt te bereik.

Veral die Vrystaat het rondom Paasnaweek ’n skielike styging gehad, terwyl die Noord-Kaap hom intussen verbygesteek het.

Entstofpunte vir mense ouer as 60 in die Vrystaat, soos dié by die Universitas-hospitaal in Bloemfontein, is onrusbarend stil. Foto: Mlungisi Louw

Cloete van Vuuren, hoof van interne geneeskunde by die 3 Militêre Hospitaal in Bloemfontein, sê die afname gaan nie dadelik wys nie omdat die druk op hospitale steeds geweldig hoog is.

“As mense vandag positief toets en daardie getalle word aangemeld, beland hulle eintlik eers ’n week daarna in die hospitaal, en kan hulle dalk eers so drie weke ná hul diagnose sterf.”

Voorts kom mense uit ’n groot gebied wat wyer as die provinsie strek na hospitale in die Vrystaat. Dit sluit in plekke soos die Oos-Kaap en Noordwes.

Dit neem lank om Covid-19-pasiënte gesond genoeg te kry om ontslaan te kan word. Daarom bly die druk ’n geruime tyd hoog – veral in die private sektor.

Die doel met die aanduiding van wanneer ’n vlaag aanbreek, is juis om te wys dat die druk hoog word, sê Van Vuuren. Hy meen die druk op hospitale gaan minstens ’n week nog hoog wees en die sterftes sal eers 20 dae van nou af ’n piek bereik.

Nog ’n belangrike punt is dat die Vrystaat met 2,9 miljoen mense, teenoor die land se 58 miljoen, sowat 4% tot 5% van die bevolking uitmaak.

“Jou gesondheidstelsel word vir die bevolking ontwerp.”

Hoewel dit so is dat dié deel van die binneland die laaste ruk oorspoel is deur die Covid-19-gevalle, styg dit nie persentasiegewys teenoor die groter bevolking nie.

Volgens hom bied die getal gevalle per miljoen mense gesonde perspektief as jy die provinsies wil vergelyk.

Die Noord-Kaap het op 10 Junie op 220 nuwe gevalle per miljoen gestaan; Gauteng op slegs 80 en die Vrystaat op 160 per miljoen.

In Gauteng neem dit egter nou baie vinnig toe en dit lyk volgens Van Vuuren of dit in die Wes-Kaap ook vinniger begin toeneem.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se jongste syfers dui aan dat daar 521 nuwe gevalle in die Vrystaat en 362 in die Noord-Kaap is.

De Wet Claassens, uitvoerende hoofdirekteur van Engo in Bloemfontein, sê die derde vlaag maak dit ’n moeilike, uitdagende tyd vir al hul bejaardesorgsentrums.

• Die Vrystaatse gesondheidsdepartement het vroeër die week 1 674 dosisse entstof ontvang en 1 364 daarvan is toegedien.

Meer oor:  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.