Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Die krag is af – kan jy gou ’n baba kom vang?

Met haar handskoene en handdoeke is ’n vrou van Gansbaai inderhaas na ’n huis om ’n baba te gaan vang te midde van ’n kragonderbreking en terwyl padwerke die ambulans opgehou het.

Adrie Prinsloo het Woensdag dié babaseun gevang toe die ambulans nie betyds kon opdaag nie. Foto: Facebook/Adrie Prinsloo

Dit was die eerste baba wat Adrie Prinsloo gevang het.

Prinsloo sê die ambulans is vertraag weens padwerke op die R43- provinsiale pad tussen Hermanus en Stanford.

Boonop was die krag in Gansbaai weens ’n brand by Stanford reeds twee dae lank af.

Prinsloo het ingespring om die baba in sy ouers se leefvertrek te vang nadat haar vriendin Alma le Roux gebel het om te hoor of sy ’n baba kan vang. Le Roux se buurvrou was in kraam.

“Ek het gesê ja, as ek moet. Ek het in my lewe nog nooit ’n baba gevang nie,” sê sy laggend.

Prinsloo, ’n tandheelkundige verpleegster, het wel in noodhulp-opleiding geleer wat om te doen tydens ’n geboorte. Sy het ’n vlak 3-noodhulpkwalifikasie. “Ek het net vlak 1 nodig vir my werk, maar ek glo ’n mens voel beter as jy meer weet en mense kan help. Ek het met my vlak 3-noodhulp my seun se lewe gered toe hy in die swembad geval het. Ek glo noodhulp moet ’n skoolvak wees,” sê sy.

“Ek het na die huis gery waar ek die mamma in pyn gekry het. Haar kontraksies was vyf minute uitmekaar. Die pyn was erg en die mamma was senuagtig.”

Dit is die vrou se tweede baba.

Haar kêrel en ander familielede was teenwoordig, asook Le Roux, wat die tyd tussen kontraksies gemonitor het.

“Ek het eers probeer om haar te kalmeer, want sy het baie geskreeu.”

Toe dit tyd word vir die baba om te kom, het sy vir die ma gesê om te begin druk.

“Sy koppie was potblou toe dit begin uitkom en ek het gesê sy moet nou druk om hom uit te kry.”

Die babaseun is omstreeks 20:10 gebore, sowat ’n uur nadat Prinsloo hier aangekom het.

Sy het die naelstring geknip en dit in ’n sakkie gesit. Sy het dit aan die paramedici gegee toe hulle uiteindelik opdaag om die ma en seun hospitaal toe te neem.

Teen dié tyd het hulle nog net een kers oorgehad, sê Prinsloo, self ’n ma van vier.

“Die omstandighede was baie moeilik. Ek het net gedink dat ek ’n verskil wil maak.”

Meer oor:  Gansbaai  |  Hermanus  |  Stanford
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.