Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Dié universiteit 1ste met sentrum vir inentings

Die eerste inentingsentrum by ’n universiteit is Maandag by die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT) geopen.

Lauren Kansley, universiteitswoordvoerder, sê die sentrum in die Richard Sacco-gebou op die Bellville-kampus is deur die provinsiale gesondheidsdepartement geakkrediteer en tot 500 mense per dag kan ingeënt word.

Een van die aanwysingsbordjies by die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie se inentingsentrum. Foto: Facebook

In dié stadium word net personeellede en studente van 60 jaar en ouer, personeellede wat gesondheidswerkers is en studente wat vir gesondheidsorgprogramme geregistreer is daar ingeënt.

Die inentings word toegedien deur personeellede van KSUT se fakulteit gesondheids- en welstandswetenskap, die klinieke op kampus en die MIV/vigs-eenheid.

“Ons is die grootste universiteit in die Wes-Kaap met sowat 40 000 personeellede en studente en het tot dusver goed gedoen om infeksies laag te hou. Ons het selfs ’n toegewyde Covid-19-taakspan wat die virus sedert dag een beveg.”

Studente en personeellede van KSUT wag Maandag om ingeënt te word. Foto: Facebook

Prof. Chris Nhlapo, visekanselier wat Maandag ingeënt is, sê in ’n verklaring hy is beïndruk met die personeellede wat by die sentrum werk.

Prof. Mellet Moll, die universiteit se nakomings- en risikobeampte, sê dat die eerste dag goed verloop het, met personeellede en gesondheidstudente wat ingeënt is.

“Ons is baie opgewonde, want dit het harde werk gekos om die sentrum op te rig,” sê Moll.

Kansley sê hulle kan dalk mettertyd die sentrum vir die publiek oopstel.

Prof. Chris Nhlapo, visekanselier, word ingeënt. Foto: Facebook
Die inentings vind in die Richard Sacco-gebou op die Bellville-kampus plaas.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.