Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Dié virussyfers laas in Januarie in SA gesien

Vir die eerste keer sedert die afplatting van die tweede vlaag in die pandemie kom daaglikse syfers van meer as 9 000 kononavirus-gevalle weer in Suid-Afrika voor.

Sulke hoë nuwe infeksiesyfers is laas aan die einde Januarie ná die aanvang van die tweede vlaag aangeteken.

Die gesondheidsdepartement, onder leiding van Mmamoloko Kubayi-Ngubane, die waarnemende minister, het Donderdagaand bekend gemaak dat die nuwe gevalle in die land met 9 149 gestyg het.

Woensdag is ook ’n hoë syfer (8 881 nuwe gevalle) aangemeld.

Volgens die gesondheidsdepartement het die land laas op 23 en 24 Januarie sulke syfers aangeteken toe die toename onderskeidelik 12 271 en 8 147 was.

Donderdagaand se styging is ook nie ver van die kruin van die eerste vlaag nie.

Die land het op 24 Julie 2020, tydens die eerste vlaag, ’n rekordstyging van 13 944 vir die dag aangemeld, teenoor die rekordstyging van 21 980 op 8 Januarie 2021.

Met die uitbreking van die tweede vlaag het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid wat tans op spesiale verlof is, op 9 Desember ná ’n styging van 6 709 gevalle aangekondig dat die land in die greep van ’n tweede vlaag is.

Suid-Afrika het toe voor dié aankondiging vyf agtereenvolgende dae meer as 4 000 nuwe gevalle aangemeld.

Die land het toe eers ná Mkhize se aankondig op 16 Desember meer as 8 500 nuwe gevalle aangemeld.

Suid-Afrika het die afgelope weke in vyf agtereenvolgende dae meer as 5 000 nuwe gevalle aangemeld.

Hoewel die gesondheidsdepartement nog nie amptelik aangekondig het dat die land in ’n derde vlaag is nie, het die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) Donderdagaand gesê die land is tegnies in ’n derde vlaag.

Die minister van gesondheid of die president moet hierdie aankondiging doen.

vlaag
Grafika
derde
Grafika

Meer oor:  Koronavirus  |  Derde Vlaag  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.