Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Dieetstudie van VSA is vals, sê Noakes

Prof. Tim Noakes, voorstander van die laekoolhidraat-hoëvet-dieet, sê die studie wat bevind het dat mense wat te min koolhidrate in hul daaglikse dieet inneem, geneig is om hartsiektes te ontwikkel, is vals en dat geen gevolgtrekkings daaruit gemaak kan word nie.

Prof. Tim NoakesFoto: Nassief Manie

Luidens dié nuwe studie deur die Amerikaanse kollege vir kardiologie is mense wat te min van hul daaglikse kalorieë uit koolhidrate soos graan, vrugte en styselagtige groete kry, meer daartoe geneig om atriale fibrillasie (AF), oftewel ’n versteuring van die hartritme, te ontwikkel.

Die studie is saamgestel uit die gesondheidsverslae van byna 14 000 mense oor langer as twee dekades.

Luidens ’n verklaring van die kollege veroorsaak AF dat die hart nie altyd klop of pas hou soos wat dit moet nie. Dit kan lei tot palpitasies, lighoofdigheid en moegheid.

“Om koolhidrate te beperk het die laaste paar jaar ’n gewilde manier geword om gewig te verloor. Terwyl daar verskeie soorte laekoolhidraat-diëte is, fokus die meeste daarvan op die beperkte inname van suiker, graan, peulplante, vrugte en styselagtige groente,” lui die verklaring.

Xiaodong Zhuang, kardioloog en hoofskrywer van die studie, sê die langtermynuitwerking van dié beperking van koolhidrate is steeds omstrede, veral die verband daarmee met hartsiektes.

“Lae-koolhidraat-diëte is in dié studie, anders as in die vorige studies, gekoppel aan die risiko om AF op te doen, ongeag die soort proteïne of vette wat gebruik word om koolhidrate mee te vervang,” sê Zhuang.

Noakes sê egter die navorsers van die studie het al die ander moontlikhede en faktore wat tot AF kan lei, geïgnoreer.

“Hulle (die deelnemers aan die studie) het nie min koolhidrate ingeneem soos wat hulle beweer nie. Wat hulle geëet het, het uit 44% koolhidrate bestaan, en dit is baie hoog. Dit is die ergste dieet. 5% is laag.”

Ons kan nie glo wat hulle sê hulle geëet het nie. Daar is geen bewyse daarvan nie.

Noakes meen ’n gevolgtrekking kan ook nie gemaak word sonder om te sien wat die deelnemers geëet het nie.

“Ons kan nie glo wat hulle sê hulle geëet het nie. Daar is geen bewyse daarvan nie.”

Hy sê daar is baie ander faktore wat tot die versteuring van hartritme kon bygedra het. Volgens hom kan dit nie net die dieet alleen wees nie.

Noakes sê ’n lae koolhidraat-inname van tussen 5% en 10% kan in sommige gevalle selfs tipe-2-diabetes omkeer. Hy sê dit is al bewys, maar die media berig nie daaroor nie.

Meer oor:  Vsa  |  Koolhidrate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.