Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Dinge lyk goed in Gauteng, nou moet ekonomie herstel

Met alles wat daarop dui dat die piek van die Covid-19-infeksies in Gauteng nou agter die rug is, het die opname van pasiënte in hospitale ook baie afgeneem.

Daar is tans 2 625 mense in hospitale, teenoor die 7 000 wat in Julie in dié provinsie in hospitale was. 761 mense word tans in waakeenhede behandel, het die Gautengse Covid-19-bevelsraad Vrydag in ’n verklaring gesê.

Daarby is die herstelkoers in die provinsie steeds hoër as die getal aktiewe gevalle. Teen Vrydag het 184 538 mense in die provinsie reeds van die virus herstel.

Dit is die eerste keer sedert die uitbreking van die pandemie dat die bevelsraad nie ’n mediakonferensie gehou het oor die jongste syfers nie.

Vuyo Mhaga, woordvoerder van die premier, David Makhura, sê die fokus is nou op die herstel van die ekonomie.

Die ekonomie in die provinsie is verlede week op groot skaal hervat nadat dit weens die pandemie moes sluit.

As deel van die proses sal Makhura van aanstaande week af die verskillende ekonomiese sones in al die streke besoek.

In die lig van die ekonomie wat heropen, het die beheerraad mense gevra om steeds baie versigtig te wees.

“Omdat die ekonomie heropen, beweeg mense meer rond. Daar is dus ’n groter kans dat die virus só sal versprei. “Ons pleit derhalwe dat mense versigtig moet wees en al die veiligheidsmaatreëls moet bly gehoorsaam,” lui die verklaring.

grafika

Meer oor:  Gauteng  |  Ekonomie  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.