Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Dís dalk hoekom SA variant nog oorheers

Hoewel die Alpha- en Delta-variant van die koronavirus ook in Suid-Afrika voorkom, is die land se eie Beta-variant steeds die oorheersende virusvariant hier, het die gesondheidsdepartement Vrydagoggend op ’n mediakonferensie gesê.

Dr. Sandile Buthelezi, direkteur-generaal van die departement, sê die Beta-variant oorheers tans en dryf die derde vlaag van infeksies.

Ek kan bevestig dat ons virusvariant steeds oorheers.
Dr. Lwazi Manzi
Verpleegstudente van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) ontvang in Junie induksieopleiding sodat hulle met die inentingsprogram kan help. Foto: Jaco Marais

Buthelezi het egter nie uitgewei oor hoekom die ander variante, wat volgens verskeie internasionale nuusartikels hoogs aansteeklik en gevaarlik is, vir eers nie so ’n groot uitwerking in Suid-Afrika het nie.

Dr. Lwazi Manzi, woordvoerder van die gesondheidsdepartement, het by navraag ná die mediakonferensie die departement se vermoede aan Netwerk24 oorgedra. “Ek kan bevestig dat ons virusvariant steeds oorheers. Al die variante wat tans kommerwekkend is, is aansteekliker en kan die mens se immuunreaksie, hetsy dit van natuurlike infeksie of inenting is, omseil,” sê Manzi.

Sy sê die Beta-variant is uniek waar dit by die bindingweefsel kom. “Ons variant het meer sleutelmutasies; dit het drie terwyl die ander variante net twee het.”

Dit is dalk waarom die Alpha- en Delta-variant nie in Suid-Afrika oorheers nie.

’n Standbeeld in Kaapstad dra ’n masker nadat pres. Cyril Ramaphosa vandeesweek die land na vlak 3 van die inperking geskuif het. Ramaphosa het Suid-Afrikaners herinner dit is verpligtend om maskers te dra. Foto: Jaco Marais

“Wanneer ons na daardie inligting kyk, is ons variant teoreties aansteekliker. Net die tyd sal leer hoe hierdie variante gaan meeding vir oorheersing in Suid-Afrika.”

Manzi sê dit sal Suid-Afrika dus ’n interessante gevallestudie maak.

Sy het in Mei aan Netwerk24 gesê die span by die genomikawaarneming-laboratorium (Krisp) in KwaZulu-Natal ondersoek of Suid-Afrikaners moontlik immuniteit teen die Indiese virusvariant het.

Manzi sê die gesondheidsdepartement wag steeds op hierdie uitslae.

Meer oor:  Sandile Buthelezi  |  Dr. Lwazi Manzi  |  Koronavirus  |  Virus  |  Pandemie  |  Variant  |  Variante  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.