Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Dis ’n mite dat mens genoeg probiotika in jogurt inkry, sê prof

Jy moet daagliks minstens 40 liter jogurt eet om jou voorgestelde kwota van probiotika in te kry as jy wil seker maak jou spysverteringstelsel werk optimaal, sê ’n Stellenbosse kenner.

’n Lys van die grootste mites onder Suid-Afrikaners oor probiotika is deur prof. Leon Dicks van die mikrobiologiedepartement van die Universiteit Stellenbosch saamgestel.

Een van die mites is dat ’n mens genoeg probiotika inkry deur daagliks ’n bietjie jogurt te eet.

Dicks sê terwyl jogurt wel ’n goeie bron van probiotika is, het mense baie meer as net ’n porsie nodig om regtig ’n verskil te maak.

Sy lys is saamgestel na aanleiding van ’n studie deur Cipla, ’n internasionale farmaseutiese maatskappy, vir die 2016 Digestive Health Trends-indeks.

Daarvolgens weet slegs 31% van Suid-Afrikaners dat driekwart van die immuunstelsel in die ingewande is.

Altesaam 11% meen ook dat ’n probiotiese middel slegs met antibiotika gedrink moet word.

Dicks verduidelik antibiotika vernietig die goeie én die slegte bakterieë in die ingewande, dus het die liggaam ’n dosis probiotika nodig om die goeie bakterieë te vervang.

Probiotika help ook met onder meer prikkelbare-dermsindroom (irritable bowel syndrome of IBS), diarree en die versterking van die immuun-stelsel.

Dit hoef dus nie net saam met antibiotika gebruik te word nie, sê Dicks.

’n Ander groot mite is dat gis ’n meer geskikte probiotika is as die meeste van die produkte wat op die mark beskikbaar is.

“Ons gisselle benodig meer voedingstowwe om in die ingewande te vermenigvuldig. Die oppervlak van gisselle het minder adhesie in vergelyking met probiotiese bakterieë en kan nie so doeltreffend soos bakterieë aan die ingewande bind nie.

“Daar is talle potensiële voordele wat met ’n daaglikse probiotika verband hou. ’n Beduidende rede is die ondersteuning wat dit aan die immuunstelsel gee, maar dit is hoekom dit belangrik is dat mense die regte probiotika moet aanskaf.”

Die uitwerking van probiotika is by elke persoon anders.

“Dit is dus belangrik om oor hierdie probiotika-mites te praat om te verseker dat Suid-Afrikaners van die ware voordele van sekere probiotiese middels bewus is.”

Meer oor:  Gesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.