Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Dit gaan goed met groep SA’ners uit Wuhan
Weermaglede in beskermde kleredrag in een van die vertrekke wat by The Ranch ingerig is om die groep Suid-Afrikaners te ondersoek en te toets.Foto: Verskaf

Dit gaan goed, en die meeste van hulle is steeds virusvry.

Só het van die Suid-Afrikaners wat verlede week uit Wuhan in China gerepatrieer is, Donderdag gesê.

Die departement van gesondheid het ook vroeër in die week bevestig dat die groep van 114 as bykomende maatreël weer getoets is. Almal is negatief vir die hoogs aansteeklike Covid-19 getoets.

Hulle sal 21 dae op The Ranch-landgoed buite Polokwane in Limpopo in kwarantyn bly en gereeld getoets word.

’n Man van Kempton Park het aan Netwerk24 gesê die groep het geen klagtes nie.

“Ons vaar goed. Ons is negatief getoets – soos ons geweet het ons gaan wees – en hier is regtig geen klagtes nie.” Hy bly om veiligheidsredes anoniem.

So lyk die vertrek waarin die groep Suid-Afrikaners weer getoets is kort ná hul aankoms by The Ranch-landgoed buite Polokwane in Limpopo. Foto: Verskaf

Ander gerepatrieerdes het ook op sosiale media foto’s gedeel van hul verblyf op die landgoed – almal met gesigmaskers op. Die swembad is veral gewild.

“Die meeste van hulle studeer aanlyn, terwyl die res aanlyn klasse gee. Andersins hou ons onsself met sport en so aan besig,” het die man gesê.

Toegang tot die landgoed word deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag beperk. Pres. Cyril Ramaphosa het dié opdrag gegee nadat hy beveel het dat die Suid-Afrikaners uit Wuhan – die episentrum van die Covid-19-uitbreking – teruggebring word.

Meer oor:  Korona  |  Covid  |  Suid-Afrikaners
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.