Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Dodelike longinfeksie nou onder beheer, sê hospitaal
Die uitbreking van Klebsiella-infeksie by die Thelle Mogoerane-streekshospitaal is skynbaar onder beheer.

Terwyl die dodetal van pasgebore babas tot vyf gestyg het, ná die uitbreking van ’n weerstandige bakteriële infeksie in ’n Oos-Randse hospitaal, sê die hospitaal die uitbreking is onder beheer.

Klebsiella-longontsteking is verlede maand in die Thelle Mogoerane-streekhospitaal in Vosloorus, Gauteng, se neonatale eenheid geïdentifiseer.

Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, sê hy het met ’n besoek aan die hospitaal verlede week gehoor dat altesaam vyf babas reeds daaraan dood is.

“Die eerste baba is op 9 Julie dood, een vroeg in Augustus, twee op 25 Augustus en nog een op 28 Augustus. Hulle was almal kwesbare en premature babas,” sê Bloom.

Nog twee babas het Klebsiella-longontsteking opgedoen, maar leef.

Nog twee babas het Klebsiella-longontsteking opgedoen, maar leef.

Dr. Jatin Canda, waarnemende hoof van die hospitaal, sê in die afgelope tien dae was daar geen sterftes nie en al 76 babas wat aan die infeksie blootgestel is, is in afsondering geplaas met toegewyde personeel wat hulle versorg.

Canda sê ook infeksiebeheermaatreëls is verskerp.

“Opnameafdelings is afgeskrop. Dit sal verseker dat die infeksie beheer word. Ons het ook die ondersteuning van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes en die provinsiale uitbrekingspan. Die personeel is verder gevra om ’n deeglike bad met ontsmettingsmiddels daarin te neem.”

Volgens Bloom is nuwe kraam- en neonatale pasiënte na ander hospitale verwys.

“Dit is baie ontstellend dat soveel babas aan ’n voorkombare hospitaalverwante infeksie dood is. Hierdie hospitaal benodig nuwe leiers en al die kritieke poste moet gevul word sodat alle pasiënte gehalteversorging kry,” sê hy.

Bloom sê hy verwelkom die departement se besluit om Nomonde Mqhayi-Mbambo, hoofbeampte van die hospitaal, op spesiale verlof te plaas. Hy sê sy het na bewering “waarskuwings van die personeel geïgnoreer dat oorlading in die neonatale eenheid die risiko vir infeksie sou verhoog”.

Lesemang Matuka, woordvoerder van die departement, sê enigiemand is geregtig op verlof en wou nie ’n rede vir Mqhayi-Mbambo se verlof gee nie. Hy wou ook nie sê of die bron van die uitbreking al gevind is nie.

Meer oor:  Oos-Rand  |  Longontsteking  |  Klebsiella  |  Babasterftes  |  Longinfeksie  |  Gesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.