Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Motsoaledi: NGV gaan nie private hospitale sluit
Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid. Foto: GCIS

Die doel van die beoogde nasionale gesondheidsversekering (NGV) is nie om private hospitale of –praktyke toe te maak nie.

Dit is eerder om gesondheidsorg toeganklik vir alle Suid-Afrikaners te maak, het dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, luidens ANC Today, die party se amptelike nuusbrief wat daagliks op die konferensie versprei word, gesê.

Dit kom uit sy openingsrede op die ANC se nasionale beleidskonferensie se kommissie oor onderwys en gesondheid.

Kommissiesittings op die beleidskonferensie in Nasrec, Johannesburg, vind agter geslote deure plaas met slegs die sowat 4 000 afgevaardigdes was dit kan bywoon.

Joernaliste het nie toegang daartoe nie.

Motsoaledi het luidens ANC Today Maandag ’n voorlegging in die kommissie oor die witskrif oor die NGV gemaak.

Dit sal die hand van die verbruiker versterk en die koste van gesondheidsorg redelik hou . . .
Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid

Hy het aan afgevaardigdes gesê daar word vir die NGV 'n massiewe herorganisasie van die private en openbare gesondheidsektor beplan.

“Die NGV sal as ’n nie-winsgewende openbare entiteit bedryf word. Dit sal die hand van die verbruiker versterk en die koste van gesondheidsorg redelik hou, terwyl dit ook sal verseker dat gesondheidsorgverskaffers regverdig vir hul dienste betaal word.

“Die NGV sal openbare en private verskaffers op presies dieselde grondslag vergoed,” het Motsoaledi gesê.

Hy het dit luidens ANC Today ook benadruk dat Suid-Afrikaners saam moet werk vir hul eie welstand, sowel as dié van hul familie, vriende, gemeenskappe en mede-landsburgers.

“Niemand van ons sal daarvan hou as ’n medemens moet sterf, gestremd word of in pyn moet leef net omdat hy of sy nie redelike gesondheidsorg kan kry nie. ’n Gesonde nasie is ’n veilige, produktiewe en ekonomies stabiele een om in te leef.”

Afgevaardigdes sal die NVG-witskrif bespreek en aanbevelings of voorstelle doen oor hoe die NVG uiteindelik daarna moet uitsien.

As die NVG-aanbevelings en -voorstelle op die beleidskonferensie aanvaar word, sal dit tydens die ANC se verkiesingskonferensie in Desember ANC-beleid word.

Meer oor:  Aaron Motsoaledi  |  Gesondheidsorg  |  Almal  |  Te  |  Ngv
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.