Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
‘Doen iets om gestrandes in buurlande te help’ – DA

Die DA het sy stem Donderdag by dié van AfriForum gevoeg wat die departement van internasionale betrekkinge en samewerking gevra het om te help om Suid-Afrikaners wat weens die Covid-19-pandemie nog in buurlande vasgekeer is terug in Suid-Afrika te kry.

Die Beitbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe. Foto: Argief

Lunga Ngqengelele, woordvoerder van die departement, sê Dirco doen wel alles moontlik om te help.

Darren Bergman, die DA se woordvoerder oor internasionale betrekkinge en samewerking, sê Dirco moet met die Suid-Afrikaanse ambassades in Windhoek en Maputo saamwerk om die Suid-Afrikaners in die land terug te kry. Baie van hulle is al weke lank daar gestrand.

Bergman sê in ’n verklaring dit wil voorkom asof die ambassades sukkel om die land se grensposte vir dié Suid-Afrikaners oop te maak. Hoewel die grensposte slegs oop is vir die vervoer van goedere, bepaal die maatreëls van die nasionale Covid-19-bevelsraad dat die grensposte steeds vir repatriasie oop moet wees.

Bergman sê daar is gerugte dat die amptenare by grensposte traag is om te help omdat daar onder meer nie genoegsame kwarantyngeriewe is nie en ook omdat die departement van binnelandse sake ondoeltreffend is.

Hy sê die DA wil hê Dirco moenie net met die ambassades saamwerk nie, maar ook met onder meer die departement van binnelandse sake, gesondheid en openbare werke om die gestrande Suid-Afrikaners te help.

Onder die Suid-Afrikaners is kinders wat aanstaande week moet terugkeer skool toe.

Volgens Dirco is sowat 3 000 Suid-Afrikaners nog in die buiteland gestrand.

Wanneer hulle uiteindelik ingelig word dat hulle mag terugkeer, word die reëlings dikwels op kort kennisgewing en sonder verduideliking onbepaald uitgestel. Dit veroorsaak onuithoudbare spanning vir die mense en hul geliefdes in Suid-Afrika.

Vroeër vandeesweek het AfriForum gesê hy eis antwoorde by die owerhede oor die repatriasie-chaos by grensposte.

Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake, sê in ’n verklaring hoewel van die Suid-Afrikaners die vermoë het om self terug te reis, word daar van hulle vereis om vir ongespesifiseerde tye en redes buite die grense te bly wag.

“Wanneer hulle uiteindelik ingelig word dat hulle mag terugkeer, word die reëlings dikwels op kort kennisgewing en sonder verduideliking onbepaald uitgestel. Dit veroorsaak onuithoudbare spanning vir die mense en hul geliefdes in Suid-Afrika,” sê Bailey.

“Wat die frustrasie vererger, is dat die verantwoordelikheid dikwels rondgeskuif word tussen al die staatsdepartemente en selfs al die lande se owerhede wat by elke repatriasieproses betrokke is.”

Netwerk24 verneem daar was in die laaste ruk boonop groot opeenhopings van vragmotors by die Beitbrug-grenspos met Zimbabwe naby Musina in Limpopo en by die Lebombo-grenspos met Mosambiek naby Komatipoort in Mpumalanga. Die probleem by Beitbrug word glo vererger deurdat vragmotors uit Botswana verkies om Zimbabwe weens die pandemiemaatreëls deur Beitbrug binne te gaan en nie deur die grensposte tussen dié twee lande nie.

Die departement van binnelandse sake en vervoer het nog nie een op navrae gereageer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.