Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Dokter van 1ste virus-pasiënt in selfkwarantyn

Die dokter wat die eerste geval van Covid-19 in Suid-Afrika gediagnoseer het, bevind haarself ook nou in selfkwarantyn. 

Dr. Robyn Reed van Hilton naby Pietermaritzburg het telefonies aan Netwerk24 gesê sy is nie paniekerig omdat sy op hierdie wyse met die eerste plaaslike pasiënt in aanraking gekom het nie. 

“Ek is al baie jare ’n dokter en ’n mens werk dikwels met aansteeklike siektes, soos tuberkulose. Jare gelede was daar ook vrese oor Kongokoors. As dokter ken jy die gevare en probeer dit vermy.”

Sy sê daar was ooglopende gevaartekens by die 38-jarige man wat deur haar gediagnoseer is. “Buiten vir sy hewige griepsimptome was die vernaamste teken natuurlik dat hy onlangs in Italië was."

Hulle meen as ons ’n gesonde afstand tussen ons en ander mense handhaaf, behoort ons vinnig en maklik deur hierdie kwarantyntydperk te kom.

Die pasiënt het nie baie gehoes of genies nie, maar het koors, lyfseer en ’n kwaai hoofpyn gehad. Hy is onmiddellik na ’n laboratorium in Pietermaritzburg gestuur sodat hy vir Covid-19 getoets kon word.

Terwyl daar op die uitslag gewag is, het Reed haar pasiënt aangeraai om homself in sy huis in afsondering te hou.

Nadat die geval bevestig is, het dinge wel verander. 

Reed, asook die spreekkamer se verpleegster, moet nou vir 14 dae in selfkwarantyn wees. 

’n Span van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Reed ook van raad bedien. “Die span was fantasties. Hulle meen as ons ’n gesonde afstand tussen ons en ander mense handhaaf, behoort ons vinnig en maklik deur hierdie kwarantyntydperk te kom,” sê sy.

Sy het die publiek aangeraai om nie paniekerig te raak oor die virus wat nou in Suid-Afrika is nie. “Mense moet net meer aandag aan hul persoonlike higiëne gee. Moenie aan jou gesig vat nie en was jou hande gereeld,” is haar raad.

Meer oor:  Covid-19  |  Kwazulu-Natal  |  Pietermaritzburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.