Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Dokter wat aborsie afraai: Aanklagte gaan voort

Die dissiplinêre komitee van die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGB) het dr. Jacques de Vos se aansoek om die saak teen hom te skrap, van die hand gewys.

Die raad kla De Vos aan van onetiese gedrag nadat hy glo ’n vrou in 2016 afgeraai het om ’n aborsie te ondergaan “omdat die fetus ’n mens is”.

De Vos was ’n intern by 2 Militêre Hospitaal in Kaapstad toe die hospitaal hom geskors het weens dié beweerde opmerking. Sy internskapdokumente is weens die skorsing nie onderteken nie en hy kon dus nie sy gemeenskapsjaar doen nie. Hy kan gevolglik sedert Julie 2017 nie praktiseer nie.

Dr. Jacques De Vos word van onetiese gedrag aangekla. Foto: Facebook

Die organisasie Doctors for Life, wat De Vos steun, sê in ’n verklaring die dissiplinêre komitee van die RGB het Dinsdag besluit die verhoor kan voortgaan op aanklagte 1 en 2, naamlik die spesifieke aanklagte wat verband hou met die advies wat De Vos aan die vrou gegee het.

“Die komitee het nog nie ’n besluit geneem oor aanklagte 3 en 4, wat algemene aanklagte is ten opsigte van De Vos se mening oor aborsie nie,” lui die verklaring.

Die RGB se dissiplinêre komitee het tot 9 Desember om te besluit oor vervolging ten opsigte van aanklagte 3 en 4, en om redes te verskaf vir hul besluit, sê Doctors for Life.

Die organisasie Christian View Network sê in reaksie in ’n verklaring “die doodmaak van ’n onskuldige ongebore baba hou nie met gesondheidsorg verband nie en val dus nie onder die gesag van die RGB nie”.

In die aansoek om ontslag het De Vos se regspan aangevoer dat die aanklagte teen hom vaag is, dat die vertraging van bykans drie jaar buitensporig is en dat die RGB nie die vereiste inligting aan hulle verskaf het nie, ondanks ’n beslissing van die tugkomitee op 27 Augustus.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.