Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Dokter wil só help dat kinders hulp kry
Dr. André Hattingh saam met Helena in Mosambiek. Met Hattingh se eerste besoek aan Mosambiek verlede jaar, het hy Helena huilend aangetref nadat sy haar eie bokkie in die verwoesting van die sikloon verloor het. Hy het belowe dat hy vir haar ’n bokkie sou bring. Hy het dié belofte tydens sy tweede besoek gestand gedoen. Foto: Verskaf

Dr. André Hattingh, stigter van Pediatric Care Africa, gaan op sy Harley Davidson deur Suid-Afrika reis om gratis operasies vir minder bevoorregte kinders moontlik te maak.

Hattingh beoog om 5 600 km af te lê tydens sy Ride for a Child-veldtog.

Met dié rit wil hy geld insamel sodat 1 000 kinders gratis operasies kan kry. Hy wil ook bewustheid skep oor kinders wat operasies en mediese behandeling benodig, maar wie se ouers dit nie kan bekostig nie of wat weeskinders is.

In 2020 wil Pediatric Care Africa minstens 50 operasies doen en 400 doktersafsprake moontlik maak vir minder bevoorregte kinders.

Olaf, die gelukbringer van Pediatric Care Africa, gaan saam met dr. André Hattingh op sy Harley Davidson deur Suid-Afrika reis. Foto: Verskaf

Die gemiddelde koste per operasie is luidens die verklaring R59 000. Meer as R2,5 miljoen is dus nodig vir net die basiese operasies.

Hattingh begin sy reis op 15 Februarie om 09:00 in Witrivier, Mpumalanga, en sal op 5 Maart terugkeer.

Olaf, Pediatric Care Africa se gelukbringer, gaan hom “geselskap” hou op sy lang reis.

Hattingh gaan die volle roete ry en motorfietsryers en motorfietsklubs wat die rit wil ondersteun, kan enige tyd by hom aansluit.

Hattingh het ander doktors en private maatskappye uitgedaag om hul hand diep in die sak te steek.

In 2019 het Hattingh inwoners van Mosambiek gaan help nadat die sikloon Idai verwoesting daar gesaai het.

Vir meer inligting oor Ride for a Child, besoek www.pediatriccareafrica.org

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.