Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Drankhandelaars pleit by regering teen nuwe verbod

Te midde van die tweede vlaag van die koronavirus in Suid-Afrika, pleit die Drankhandelaarsvereniging dat die regering nie drankverkope weer verbied nie.

Die vereniging het Sondag in ’n verklaring gesê terwyl hulle regeringsinisiatiewe teen die Covid-19-pandemie steun, voel hulle dat enige regeringsbesluit oor die drankbedryf eers bespreek en hul insette oorweeg moet word voordat enige besluit geneem en aan die publiek gekommunikeer word.

Lucky Ntimane, sameroeper van die Drankhandelaarsvereniging, sê ’n algehele verbod op drankverkope sal die einde van die tavernebedryf beteken en tot ’n verlies van 250 000 werkgeleenthede in dié bedryf lei.

Dit volg nadat dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Woensdag gesê het die regering sal die huidige beperkings moet hersien en verdere stappe oorweeg. Hy het gesê dat die virus eksponensieel – en vinniger as tydens die eerste vlaag – versprei.

Volgens die jongste syfers het Suid-Afrika 11 522 nuwe infeksies in die afgelope 24 uur aangeteken, en net meer as 30% van die toetsuitslae in dié tyd is positief.

Ntimane het hierop gesê hulle steun die regering se pogings om die koronavirus hok te slaan, maar vra vir samewerking met die drankbedryf sodat oplossings met wedersydse voordele gevind kan word om die miljoen mense wat van die bedryf vir ’n inkomste afhanklik is, te beskerm.

’n Algehele verbod op verkope sal nie ’n oplossing op kort of lang termyn vir die wyer verspreiding van die virus wees nie, sê hy.

Die vereniging het twee voorstelle vir die situasie: ’n matige aandklokreël wat die onnodige beweging van die publiek beperk, terwyl die belange van die toerismebedryf, wat afhanklik is van die beskikbaarheid van alkohol, in ag geneem word, sowel as dat enige beperkings op die verkoop van drank steeds voorsiening moet maak vir verkope vanaf persele vir tuisgebruik, met ’n spesiale toegewing aan tavernes om as buite persele binne beperkte ure handel te dryf.

https://www.news24.com/news24/SouthAfrica/News/covid-19-spike-liquor-traders-coalition-pleads-with-govt-not-to-bring-back-booze-bans-20201227

Meer oor:  Koronavirus  |  Verbod  |  Regering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.