Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Drankverbod: Inligting eerder as straf, vra raad

Die regering moet eerder met die private sektor en gemeenskappe saamwerk om voldoening aan Covid-19-regulasies te verbeter as om strenger inperkings af te dwing.

Lucky Ntimane, sameroeper van die Nasionale Raad van Drankhandelaars (NRD), het Sondag gesê hulle is wel baie bekommerd oor die gebrek aan voldoening (aan Covid-19-regulasies) “asof daar geen pandemie is nie”.

Ntimane se uitlatings kom nadat Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid, Sondag aan eNCA gesê het dat die regering bekommerd is oor saamtrekke en drankverbruik oor veral naweke.

“Ja, daar is ’n nodigheid dat ons kyk of alkohol ’n rol speel. Die gesondheidsdienste het voorheen gesê hulle is onder druk weens alkohol-verwante noodgevalle.

Volgens Ntimane moet die regering eerder die samelewing mobiliseer om die virus te verslaan omdat kommunikasie en die bemagtiging van mense doeltreffender is as om hul gedrag te wil polisieer.

“Ons het die syfers aangevra omdat ons ons besluite op wetenskap grond. Ons moet kyk na die syfers in trauma-eenhede. Ons het die span vir data oor traumagevalle en die getalle oor naweke gevra en of dit (alkoholverbruik) daartoe bydra,” sê Ntimane.

Ntimane sê in ’n verklaring dat al word die derde vlaag van infeksies erger en die Covid-19-gevalle styg skerp, “is dit duidelik dat die regering se waarskuwings op dowe ore val en daar geen rede is om te glo dat strenger inperkings ’n verskil sal maak nie”.

Volgens Ntimane moet die regering eerder die samelewing mobiliseer om die virus te verslaan omdat kommunikasie en die bemagtiging van mense – om soos tydens die MIV/vigs-pandemie vir hulself die regte besluite te neem – doeltreffender is as om hul gedrag te wil polisieer.

Hy het bygevoeg dat die NRD alles moontlik doen om die voldoening aan regulasies in tavernes te verseker eerder as om dit net alles aan die regering oor te laat.

Die NRD hou volgens Ntimane in samewerking met provinsiale drankrade fokussessies vir eienaars van tavernes oor die voldoening aan Covid-19-regulasies.

Die volgende sessie word Woensdag by die Rands-taverne in Khayelitsha, Kaapstad, gehou.

Dit word deur Distell geborg en word onder die vaandel van die Wes-Kaapse drankhandelaars in samewerking met die Wes-Kaapse Drankraad aangebied.

Soortgelyke sessies word in die komende weke in ander metro’s landwyd gehou.

“Dit duur drie uur en eienaars van tavernes sal meer te wete kom oor hoe hom die regulasies toe te pas. Dit sluit in om gesonde afstande en die toegelate getal kliënte te handhaaf, asook higiëne- en ontsmettingsregulasies.”

Hy het bygevoeg dat eienaars van tavernes verenig is in die stryd teen Covid-19 en alles moontlik doen om hul kliënte en personeel veilig te hou.

Voorraad word ook nie gelewer aan dié tavernes wat die regulasies verontagsaam nie.

Meer oor:  Drank  |  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Strenger Inperkings  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.